Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Durbanville: Leraar (of diensleraar) vir jeugbediening

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakant: Leraar (of diensleraar) vir jeugbediening

Durbanville-gemeente se jeugbediening is gebou op ’n formasiereis, waardeur kinders van doop tot belydenis van geloof, en ook daarna, gevorm word as dissipels van Jesus, wat saam met medegelowiges in diens is van God se nuwe wêreld.

Die fokus van die leraar is om hierdie formasiereis, in samewerking met die predikantespan en junior jeugwerker, verder te verdiep en te ontwikkel, deur die volgende:

Posprofiel:

  • Sterk teologies gefundeerde prediking, wat fokus op tieners en jong volwassenes, maar ook hulle ouers insluit.
  • Iemand wat die vermoë het om verhoudings te bou met tieners, jong volwassenes en hulle ouers.
  • Werwing en ontwikkeling van leiers vir jeuggroepe, asook voorsiening van gepaste jeuggroephandleidings.
  • Betrokkenheid by die drie plaaslike skole: veral die hoërskool, in samewerking met onderwysers en ander vennote.
  • Betrokkenheid by Durbanville-kinderhuis.
  • Die beplanning en begeleiding van jeugaksies soos kampe, uitstappies en uitreike.
  • Kommunikasie van die jeugbediening deur verskillende mediaplatforms.
  • ’n Familie-aanslag, wat die hele gesin benader in die bedieningstrategie.
  • Geestelike begeleiding en leierskapsontwikkeling van jong volwassenes na afloop van belydenisaflegging.
  • Strategiese denke oor die uitbou van die jeugbediening.

Kwalifikasies: Teologiese opleiding.

Vergoeding: Kerf 1 van die sinodale salarisskaal.

Termyn: Permanente aanstelling.

Aansoeke:

Stuur ’n CV met drie verwysings, asook ’n motiveringsbrief waarom jy jouself in hierdie pos sien, vir Jackie Pretorius by jackie@dgkerk.co.za

Kandidate moet tot ’n onderhoud bereid wees, indien so versoek word. Kandidate moet op versoek ’n digitale kopie van ’n preek wat in ’n erediens opgeneem is, kan aanstuur.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 1 November 2025.

Aanvangsdatum: 1 Januarie 2026 indien moontlik.

Navrae:

Dr Tinus van Zyl: tinus@dgkerk.co.za / 083 289 4985.

Dr Ronel Meylahn: ronel@dgkerk.co.za / 082 857 5752.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top