Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Boshof: Voltydse leraar vir ’n vaste termyn (drie jaar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar vir ’n vaste termyn (drie jaar)

Met biddende afhanklikheid nooi die kerkraad van NG Gemeente Boshof alle gelegitimeerde proponente, predikante en emeritusleraars uit om aansoek te doen vir die onderstaande pos.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2025.

Dienstermyn: Vaste termyn (drie jaar).

Gemeenteprofiel: Boshof-gemeente is ’n hegte plattelandse gemeente wat in 1856 ge-stig is. Die dorp is geleë in die Wes-Vrystaat; 55 km van Kimberley en 120 km van Bloemfontein. Boshof is ’n diverse, maar sterk landbougerigte gemeenskap. Volgens die databasis van die gemeente is daar tans 533 lidmate – waarvan 38,5% bo die ouderdom van 60 is, 17,7% tussen die ouderdom van 46-59, 24,2% tussen die ouderdom van 19-45 en 19,5% tussen die ouderdom van 0-18 versprei oor sewe plaaswyke en sewe dorpsgroepe met een leraarspos. Huis Goedversorg, sentrum vir bejaardes, se inwoners skakel ook as lidmate in by die gemeente. Alhoewel die gemeente hoofsaaklik uit ouer persone bestaan, raak jonger gesinne toenemend deel van die gemeente.

Leraarsprofiel: Die kerkraad is op soek na iemand, lojaal teenoor die NG Kerk en kerkverband, wat met energie en entoesiasme die gemeente kan opbou deur persoonlike kontak met lidmate en die breër gemeenskap. Die persoon moet aanpasbaar wees op die platteland en moet kan inskakel by alle ouderdomsgroepe. Hy/sy moet kan saamwerk in groepsverband, maar ook outonoom kan funksioneer. Evangelisasie en pastorale versorging moet voorrang geniet. Innoverende maar Woordgetroue prediking is vir die gemeente baie belangrik. Ervaring of opleiding in berading sal voordelig wees.

Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele:

Traktement sal met die suksesvolle kandidaat beding word. ’n Ruim pastorie met ’n groot tuin word voorsien (onderhoud van tuin is ingesluit).

Aansoek:

Volledige CV met minstens vier verwysings asook kontaknommers.

Die kerkraad vereis van alle aansoekers om die toepaslike vraelys volledig te voltooi en saam met die aansoek per e-pos in te dien.

Die vraelys kan aangevra word by die kerkkantoor via e-pos: ngkerkboshof@gmail.com of telefonies/WhatsApp op 064 690 1618.

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2026.

Navrae:

Kerkkantoor: Nerine Ebersohn: 064 690 1618.

Beroepingskommissie voorsitter: Ds Lindo Pieters: 067 530 6738.

Leierouderling: Andrie de Kock: 082 345 8990.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top