Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk Ceresvallei: (Prentjieskerk) Permanente voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Permanente voltydse leraar

Sluitingsdatum: 24 Oktober 2025.

NG Kerk Ceresvallei beskik oor ’n vakature vir ’n leraar om by ons aan te sluit in Ceres. Die gemeenteraad nooi hiermee kwalifiserende belangstellende kandidate uit om vir hierdie wonderlike geleentheid aansoek te doen.

‘In die voetspore van Jesus’ is die roeping waarop die gemeente al ons werksaamhede bou. Ons is ’n enkelleraargemeente en is op soek na ’n persoon met die roeping om ’n pad mee saam te stap vir wie God, die gemeente en gemeenskap ’n prioriteit is.

NG Kerk Ceresvallei is een van twee gemeentes geleë in die skilderagtige Witzenberg-distrik, omring deur natuurlike skoonheid binne ’n produktiewe landbou-omgewing. Ons werk in ’n gesonde verhouding saam met die ander NG gemeente op ons dorp wat die gemeenskap verder versterk. Ceres is ongeveer 140 kilometer vanaf Kaapstad en beskik oor laer- en hoërskole van ’n hoë standaard. Prentjieskerk beskik oor ongeveer 700 lidmate met goeie infrastruktuur wat aangewend word in die verkondiging van die Woord. Die unieke mosaïekbeelde op ons kerkgebou vertel ook die storie van ’n gemeente waar enige persoon wat dors het, welkom is om te kom drink van die Lewende Water (Openbaring 22:17).

Minimum vereistes:

  • Gelegitimeerde leraar van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
  • Kennis van en vorige blootstelling aan die kerklike strukture sal voordelig wees.
  • Uitstekende kommunikasievaardighede en die kundigheid om op alle vlakke te kommunikeer.
  • Die vermoë om Bybelse teologie en praktyk van verskillende teologiese en spiritualiteitkwessies met sensitiwiteit te hanteer.
  • Roeping om die gemeente in hulle dienswerk te ondersteun en uit te bou.
  • Bewese rekord van gemeenskapsbetrokkenheid.

Diensaanvaardingsdatum: 1 Februarie 2026 of so spoedig moontlik.

Navrae:

Skriba: Magdel du Toit (+27 72 270 1012).

Voorsitter van die pre-advieskomitee: Christo Janse van Rensburg (+27 83 572 5936).

Aansoekproses:

Stuur ’n volledige CV (nie langer as drie bladsye nie) aan: skriba@prentjieskerk.co.za

Ons ontvang ook graag die name en kontakbesonderhede van drie referente.

Vergoeding:

Markverwante vergoeding sal bepaal word volgens die bestaande riglyne van die Sinode van Wes-Kaapland asook gebaseer op ondervinding en kwalifikasies van die aansoeker.

Bevestiging van leraar:

Die suksesvolle kandidaat sal bevestig word as leraar in die NG Kerk.

Die kerkraad behou die reg voor om onafhanklik van hierdie advertensie ’n

aanstelling te maak of glad nie die pos te vul nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top