Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Vaste termyn vir twee jaar (met moontlikheid om te verleng) Met opdrag bedieningsontwikkeling
Die NG Gemeente Postmasburg, geleë in die Ring van Deben en deel van die sinode van Noord-Kaapland, nooi gelegitimeerde predikante van die Nederduitse Gereformeerde Kerk uit om aansoek te doen vir ’n vastetermynpos van twee jaar met die moontlikheid om te verleng.
Postmasburg is sowat 200 km wes van Kimberley en 80 km suid van Kathu. Die gemeente bestaan uit ongeveer 450 belydende lidmate en 85 dooplidmate, en is een van die groter gemeentes in die Noord-Kaap. Die dorp beskik oor twee privaat laerskole, ’n laerskool en ’n hoërskool. Die plaaslike ekonomie is hoofsaaklik gesentreer rondom mynbou, landbou en kleiner nywerhede. Daar is ’n tehuis vir bejaardes en ’n staatshospitaal, terwyl die naaste privaat mediese fasiliteite in Kathu, Kimberley en Upington is.
Die gemeente bevind haar tans in ’n nuwe bedieningsfase weens veranderende omgewingsfaktore. In samewerking met die ring ondersoek ons tans ’n hernude bedieningstrategie om sinvol op huidige en toekomstige uitdagings te reageer.
Kernbehoeftes van die gemeente sluit in:
- Strategiese visioenering en leiding.
- Toerusting van leiers en lidmate vir diens en deelname.
- Vernuwing van bedieningsmetodes en algemene behoeftes van funksionele bedieningstruktuur.
Algemene behoeftes:
- Herderlike versorging, met spesifieke klem op verhoudingbou en besoeke.
- Fokus op bediening aan kinders, jong volwassenes en gesinne.
- Bevordering van plaaswyksbetrokkenheid.
Verlangde leraarsprofiel:
Ons bid dat die Here vir ons ’n toegewyde, roepingsgedrewe leraar sal stuur wat saam met die gemeente hierdie opwindende en uitdagende seisoen met oorgawe sal betree. Bedienings- en lewenservaring sal ’n sterk aanbeveling wees, met die vermoë om met insig en sensitiwiteit leiding te neem.
Vergoeding:
Vergoeding is onderhandelbaar binne die riglyne van die sinode. Die gemeente voorsien ’n goed toegeruste gemeubileerde pastorie.
Aansoekprosedure:
Gelegitimeerde predikante wat geroepe voel om by hierdie bedieningspan aan te sluit, word uitgenooi om hulle volledige curriculum vitae, saam met die name en kontakbesonderhede van drie referente, voor of op 7 November 2025 te stuur aan: ngkpostmasburg@gmail.com. Kandidate wat op die kortlys geplaas word, moet beskikbaar wees vir ’n besoek aan die gemeente.
Navrae:
- Johan Lambrechts (leierouderling): 083 679 5460.
- Ds Bennie Brink (brugleraar): 082 337 5458.
- Wilma van Zyl (kerkkantoor): 082 447 0215.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
