Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraarspos (Onbepaalde termyn)
GEMEENTEPROFIEL:
NG Delmas Moedergemeente is ’n gesonde, Skrifgetroue gemeente, met ’n verskeidenheid van bedienings wat ook binne die wyer gemeenskap van Delmas dien. Delmas Moedergemeente is ’n hartlike plattelandse gemeente in Mpumalanga binne die sinodale grense van die Hoëveld Sinode. Die gemeente het in 2018 sy 100ste bestaansjaar gevier. Die gemeente het 400 belydende lidmate en 100 dooplidmate. Delmas is ’n landou- en mynbougemeenskap, maar die gemeente is sterk landbougeaffilieer. Delmas is uniek geleë, slegs 45 minute vanaf Johannesburg sowel as Pretoria, en 30 minute vanaf OR Tambo-lughawe. Binne die gemeentegrense is ’n tehuis vir senior lidmate sowel as ’n aftree-oord. Twee laerskole en ’n hoërskool val ook binne die gemeentegrense. Met ’n lewendige gemeenskapsgees, en die titel as kykNET se Dorp van die Jaar in 2023, bied Delmas ’n unieke tuiste vir ’n nuwe leraar wat geroepe voel om saam met die gemeente en gemeenskap te groei.
LERAARSPROFIEL: ’n Leraar moet oor die volgende eienskappe en vermoëns beskik:
- Moet gelegitimeerd wees.
- Die erediens in ’n geestelike ervaring kan omskep.
- Lidmate van alle ouderdomsgroepe kan bedien.
- ’n Dinamiese leier wees.
- Vir ons huidige tyd mediavaardig wees.
- In ’n kultuur, wat al hoe meer kerklos word, ’n sterk fokus op evangelisasie hê.
- Verkieslik onder 45 jaar oud wees met ’n huisgesin.
- ’n Diep persoonlike geloof is onontbeerlik, en oortuiging van die Skrif as Woord van God en verbintenis aan belydenisskrifte en kerkorde is vanselfsprekend.
VERGOEDING:
- Traktement, reistoelae en ander vereiste toelaes volgens sinodale riglyne.
- Verblyf in ’n pastorie word aangebied.
AANSOEKE MOET UIT DIE VOLGENDE BESTAAN:
- ’n CV, van nie meer as drie A4 bladsye nie, met kontakbesonderhede van drie referente.
- ’n Kort bekendstellingsvideo, nie langer as vyf minute nie, en indien moontlik skakels na ’n onlangse video-opname van ’n preek.
- Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud.
Aansoek moet gerig word aan ngdelmas1918@gmail.com en thobenkoorts@afrihost.co.za en aansoekers is welkom om navraag te doen by Thoben Koorts (082 452 0756) die preadvies kommissievoorsitter of die hudige leraar ds Izak du Toit (072 522 6094).
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2025 om 12:00.
Die gemeente behou die reg voor om nie die pos te vul nie.
