Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir bogenoemde pos.
Gemeenteprofiel
Tweeling is ’n plattelandse gemeente geleë in die Noord-oos Vrystaat (tussen Reitz en Frankfort ±30 km van beide. Naaste groot dorp is Bethlehem 80 km). Bogenoemde buurdorpe beskik oor puik skole en koshuise, dokters, hospitale. Die gemeente het tans plus minus 101 persone wat deelneem aan die kerklike aktiwiteite. Belydende lidmate 68, dooplidmate 15. Die gemeente is met die genade van die Here finansieel onafhanklik.
Leraarsprofiel
Die volgende is vir die kerkraad belangrik:
- Die aansoeker moet in ’n innige verhouding met die Here leef en oortuig wees van sy roeping.
- Van die aansoeker word Skrifgetroue Woordverkondiging verwag wat entoesiasties aangebied word.
- Vaardigheid om oudiovisuele hulpmiddels te gebruik is ’n vereiste.
- Iemand wat geheg is aan die gereformeerde leer en die kerk se belydenisskrifte.
- Iemand vir wie huisbesoek en ander pastorale besoeke ’n prioriteit is. Veral bejaardes en verswaktes.
- Die aansoeker moet ’n aanvoeling hê vir die boeregemeenskap en die wyer geloofsgemeenskap op die dorp.
- Posbeskrywing: Ooreenkomstig Artikel 9 van die Kerkorde. Proponente, leraars of emeriti is welkom om aansoek te doen.
Vergoedingspakket
Onderhandelbaar met die Vrystaatse Sinode se voorskrifte as riglyn.
Gratis verblyf in ruim pastorie met gratis kragvoorsiening en gerugsteun met sonkragsisteem. Paslike toelae vir reiskoste word onderhandel.
’n Kontrak sal onderhandel word met ’n suksesvolle kanidaat.
Aansoeke:
Moet vergesel word van ’n CV en kontakbesonderhede van ten minste twee resente referente.
Rig aansoeke aan:
- Kantoor: Skriba: 072 724 9237 / E-pos: ng2ling@email-sa.co.za
- Brugleraar: Ds Johan Lessing – 082 8730 930.
- Leierouderling: Deon vd Watt – 082 783 6408.
- Konsulent: Ds John Jackson – 082 362 5084.
Sluitingsdatum: 7 November 2025.
Diensaanvaarding: Onderhandelbaar.
Naskrif: Kandidate op kortlys moet vir onderhoud en preekbeurt beskikbaar wees.
