Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Kerk Willowmore: Leraarspos (dolerend)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Leraarspos: Vaste termyn vir twee jaar (hernubaar)

In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van Willowmore bogenoemde vakature bekend en nooi met verwagting belangstellende gelegitimeerde proponente, leraars en emeriti van die NG Kerk uit om vir die pos aansoek te doen.

GEMEENTEPROFIEL

Die gemeente Willowmore bedien ’n plattelandse landbougemeenskap van sowat 180 lidmate in die westelike hoek van die Oos-Kaap. Die Baviaanskloof is een wyk van die gemeente waar maandeliks ’n diens gehou word. Dan is daar ook weekliks ’n byeenkoms by die Gert Greeff Tehuis vir bejaardes. Aangesien die meeste kinders elders op kosskool is, is kategese en kinderbediening ’n uitdaging.

In navolging van Art1 van die Kerkorde bly die gemeente getrou aan die Woord en belydenis van die kerk.

LERAARSPROFIEL

Ons wil graag hê dat die leraar wat beroep word na Willowmore

  • ’n lewende persoonlike verhouding met God Drie-enig uitleef wat gestalte vind in suiwer Woordverkondiging, huisbesoek en deeglike pastorale sorg;
  • die bedieningspligte soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde aanvaar en sal nakom;
  • volkome gehoorsaam aan die Skrif en die belydenisskrifte van ons kerk sal wees;
  • oor goeie interpersoonlike vaardighede beskik en gemaklik in spanverband kan funksioneer;
  • ’n passie vir die suiwer evangelie en vir die wyer uitdra van daardie boodskap het;
  • inisiatief sal neem om nuwe projekte vir die opbou en uitbou van die gemeente aan te pak;
  • die kerkraad en gemeentelede doelgerig sal toerus vir hulle dienswerk en betrokke sal wees by die interkerklike gemeenskap van Willowmore.

VERGOEDING EN VOORDELE

Die vergoedingspakket sal met die suksesvolle aansoeker onderhandel word. ’n Ruim pastorie met munisipale dienste, internet, ’n gemeentevoertuig en brandstof vir ampswerk is ingesluit.

Belangstellendes moet die volgende elektronies aan ons voorsien by:

ngkerkwillowmore@gmail.com

’n Bondige CV vergesel van:

  • ’n Dekbrief waarin u vir ons kortliks iets van u lewe tot hier toe en u roeping kan vertel.
  • Kontakbesonderhede van drie referente.

Aansoekers moet bereid wees om ’n preekbeurt in die gemeente waar te neem.

Sluitingsdatum: 30 November 2025. Ontvangs van elke aansoek sal erken word.

Diensaanvaarding: 1 Maart 2026 (onderhandelbaar).

Navrae: Oudl Jacques Louw (083 251 5200) of Oudl Felix Slier (082 852 3723).

Die gemeente behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top