Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Missie: “As Christelike familie aanbid ons God; koester en bemoedig ons mekaar en reik ons uit in ons omgewing”
Vakature: Medeleraar
Die kerkraad van die NG Kerk Nelspruit wag tans aansoeke in met die doel om die vakante medeleraarspos te vul.
Gemeenteprofiel: [WAAR VERHOUDINGS DIE VERSKIL MAAK]
’n Verhoudingsgemeente in ’n tans snel groeiende Nelspruit. Die kerkgeboue is geleë in die middestad. Meer as 80% gemeentelede bly buite die tradisionele kerkgrense. Die gemeente het ongeveer 1 500 belydende en 450 dooplidmate. Die gemeente beskik oor drie leraarsposte wat mekaar op verskeie terreine aanvul. Die werk word onderling verdeel na gelang van hulle gawes.
Een van die leraarsposte is sedert 1 Mei 2025 vakant.
Ons nooi ’n energieke en toegewyde persoon om in spanverband ’n verskil te maak in die lewe van die tieners, jong volwassenes en gesinne in ons gemeente. Ons is ’n verhoudingsgeoriënteerde gemeente en indien jy kreatief, gedrewe en geroepe voel om sterk verhoudings te bou, nooi ons jou om aansoek te doen. Ons benodig ’n passievolle benadering om ons jeug en gesinne te bereik, die bediening te laat groei en verhoudings te versterk wat lei tot geestelike groei en verdieping.
Posprofiel:
- Fokusarea van bediening is vir 13-18 jariges en jong volwassenes.
- Lei en reël van tienerdienste, jeugkampe, jeuguitreike en jeugaksies.
- Betrokke by hoërskole in Nelspruit se geestelike program.
- Verantwoordelik vir alle pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde, onderling verdeel tussen die huidige leraarspan.
- Liturgies vernuwend leiding neem binne verskillende spiritualiteite tydens eredienste.
Leraarsprofiel:
- Pas afgestudeerde studente, proponente en predikante kan aansoek doen.
- Die ideale kandidaat moet verkieslik ondervinding in tiener- en jongvolwassebedieninge hê.
- Die handhaaf en uitbou van goeie menseverhoudinge.
- Moet in spanverband kan werk deur in die gemeentespanne saam te stel, toe te rus en uit te bou.
- Beskik oor goeie selfbestuurs- en beplanningsvaardighede.
Vergoeding:
Volgens sinodale riglyne. Die gemeente maak voorsiening vir behuising in ’n voorstedelike sekuriteitsarea.
Aansoek:
Aansoeke geskied deur middel van ’n CV (nie langer as vier bladsye nie), met ’n kort video waarin jy jouself bekend stel en sê watter bydrae jy sal kan maak, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente.
Aansoeke moet gerig word aan die Uitvoerende Beampte, NG Kerk Nelspruit.
Per e-pos: ub@ngknelspruit.co.za
Kandidate wat die kortlys haal, moet beskikbaar wees vir ’n gestruktureerde onderskeidingsproses.
Sluitingsdatum van aansoeke: 30 November 2025.
Diensaanvaarding: 1 Maart 2026.
Navrae kan gerig word aan die uitvoerende beampte: Michelle Brand 072 678 6555.
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
