Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
NG Hottentots-Holland Familiekerk is aan die voet van Helderberg in die dorp Somerset-Wes, in die Helderbergkom geleë. Weens die aftrede van een van ons leraars, sal ’n vakante onbepaalde termyn leraarspos vanaf 1 April 2026 beskikbaar wees. In ooreenstemming met algemene sinode riglyne bied ons ’n vergoedingspakket aan, wat ’n behuisingstoelaag insluit.
Hottentots-Holland-gemeente nooi predikante wat met oorgawe en inspirasie van die Heilige Gees wil saamwerk om ons Familiekerk se toekoms te bou. By ons is kerk nie net ’n plek van aanbidding nie, maar ’n tuiste waar mense hulleself kan wees, saam kan groei in geloof, en hoop kan vind te midde van die uitdagings van die lewe. As jy geroepe voel om jou gawes en passie hier uit te leef en saam met ons nuwe paaie te ontdek, nooi ons jou hartlik uit om aansoek te doen. Stap saam met ons die pad vorentoe – onder die leiding van die Heilige Gees.
Sleutelverantwoordelikhede van die pos
Aansluitend tot die vereistes van Artikel 9 van die Kerkorde, bestaan ons Familiekerk se sleutel bedieningsverantwoordelikhede uit die volgende:
- Om lidmate van alle ouderdomme deur Woordgetroue, inspirerende en aktuele eredienste toe te rus.
- Om ’n lewenskragtige jeug- en familiebediening uit te bou.
- Om deur ’n toegewyde bejaardebediening, senior lidmate steeds volwaardig deel van ons gemeente te maak.
- Om die betrokkenheid van gemeentelede in ’n verskeidenheid van diensgroepe, met entoesiasme aan te moedig en te ondersteun.
- Om ons gemeente se betrokkenheid in die breër gemeenskap uit te bou.
’n Posbeskrywing vir hierdie pos, asook meer inligting oor ons Familiekerk, is beskikbaar op ons webtuiste by https://www.nghottentotsholland.co.za
Aansoek
U is welkom om u aansoek, vergesel van u CV en verwysings, te stuur na: admin@nghottentotsholland.co.za
Navrae kan ook aan hierdie adres gerig word.
Die SLUITINGSDATUM vir aansoeke is 13 NOVEMBER 2025.
Sou dit versoek word, moet u beskikbaar wees vir ’n onderhoud by ons kerkperseel te Pleinstraat 20, Somerset-Wes, op ’n datum soos ooreengekom.
Kandidate wie se name op die kortlys verskyn, mag versoek word om ’n psigometriese toets te ondergaan.
Neem asb kennis dat die gemeente die reg behou om nie ’n aanstelling te maak nie.
