Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Kamieskroon: Deeltydse (60%) vastetermynpos (vir twee jaar)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Deeltydse (60%) vastetermynpos (vir twee jaar)

Met erkenning aan en in diep afhanklikheid van ons hemelse Vader nooi NG Gemeente Kamieskroon alle gelegitimeerde emeritusleraars uit om aansoek te doen.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Desember 2025.

Diensaanvaarding: 1 Maart 2026.

Gemeenteprofiel:

Kamieskroon is ’n plattelandse dorp met sy eie en unieke karakter, geleë in die suide van die Noord-Kaap tussen Garies en Springbok, aan die voet van die Kamiesberge. Alhoewel in die Noord-Kaap, skakel dit histories in by die Wes-Kaap. In goeie en geseënde reënjare word die dorp en omgewing getooi in die mooiste blommekombers soos net die Here dit kan saai. Die gemeente is in 1938 gestig en bestaan tans uit 93 lidmate en agt dooplidmate. Van die getal van 93 lidmate is 68 die ouderdom van 60 jaar en ouer. Gasvryheid en ’n erediens wat ruimte bied vir Godstories is twee belangrike energiepunte binne die gemeente, met dissipelskap en uitreike in die omgewing as verdere uitbreiding daarop.

Leraarsprofiel:

  • Die voornemende applikant moet gelegitimeer wees in die NG Kerk.
  • Die persoon moet begrip en ’n hart hê vir mense op die platteland.
  • Dit moet iemand wees wat heelhartig vir die Here lief is en bereid is om hom/haar, ter wille van die Here en sy koninkryk, ten volle te gee vir die mense én die bediening.
  • Iemand wat lidmate ten opsigte van die gemelde energiepunte leiding kan gee en verder kan bemagtig.
  • Huisbesoek en pastorale versorging word as uiters belangrik beskou.
  • Prediking wat Skrifgetrou is.
  • Verdere pligte is soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding:

Die gemeente voorsien in die volgende:

  • ’n Maandelikse salaris van R20 362,00 – of soos onderhandel.
  • ’n Prestasiebonus
  • ’n Gratis ten volle gemeubileerde pastorie, met munisipale dienste ingesluit.
  • ’n Gemeentevoertuig om gemeentelike verpligtinge na te kom.
  • ’n Selfoontoelae met gratis internettoegang.

Rig aansoeke vergesel van ’n CV aan: Die kerkraad, NG Gemeente Kamieskroon.

E-pos: ngkkamieskroon@gmail.com

Navrae:

Berto Archer                     083 655 4780   berto.archer@gmail.com

EJ van As                          073 189 4114   ejvanas@gmail.com

Ds Jan van Schoor            082 746 1533   jcvschoor@gmail.com

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top