Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Kogelberg: Voltydse predikantspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse predikantspos

Gemeenskaps- en Gemeenteprofiel

NG Gemeente Kogelberg strek vanaf Arabella tot by Rooiels en sluit Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai en Rooiels in. Ongeveer 70% van die lidmate woon op Kleinmond en 25% in die Hangklipstreek. Kleinmond lê 90 km vanaf Kaapstad en 40 km vanaf Hermanus, in die Kogelberg-biosfeer – een van die wêreld se rykste fynbosgebiede.

Ons gemeente bestaan uit ongeveer 1 600 belydende en 120 dooplidmate. ’n Groot deel is afgetredenes wat aktief in die gemeenskap en verskeie organisasies betrokke is. Ons gemeente het tans drie eredienspunte (twee op Kleinmond en een op Bettysbaai).

Ons het ’n goeie laerskool op Kleinmond met ongeveer 400 leerders en die meeste hoërskoolleerders gaan na Hermanus, maar sommige ook na Caledon.

Ons gemeenteroeping lui: “Draers van sy Lig, Verskilmakers met deernis en Ambassadeurs van hoop.”

Erediensplekke is die Kleinmondkerk (Vierdelaan), Kuierkerk (Eerstelaan) en Hangklipkerk (Bettysbaai).

Vir meer inligting: stuur e-pos na info@ngkogelberg.co.za of heinrich@ngkogelberg.co.za of besoek ons webtuiste by www.ngkogelberg.co.za of ons Facebookblad NGK Kogelberg.

Predikantsprofiel

Ons soek ’n predikant wat:

  • Die normale ampspligte (Artikel 9/Kerkorde, 2023) as bedieningsriglyn aanvaar.
  • ’n Lewende verhouding met God Drie-enig het.
  • Spanwerk waardeer en vernuwing met wysheid fasiliteer.
  • Ons gemeenteroeping deel en saam met ons oor God se pad met die gemeente dink.
  • Inspirerende leiding neem en fokus op intergenerasionele familiebediening.
  • Die Woord op ’n Skrifgetroue, relevante wyse verkondig.
  • Oor 5-10 jaar bedieningservaring beskik en saam met ons huidige predikant ’n diverse gemeente kan begelei.
  • Geestelik en emosioneel volwasse is, met ’n positiewe lewensuitkyk en waardes van respek, deernis en luister.

Vergoeding

Volgens sinodale riglyne (kerf 9 maksimum). ’n Doelmatige pastorie op Kleinmond is beskikbaar.

Aansoeke

Stuur per e-pos aan info@ngkogelberg.co.za:

  • Aansoekbrief
  • CV (maksimum drie bladsye)
  • Drie relevante referente
  • Kort bekendstellingsvideo oor jou bedieningservaring, gawes, visie en roeping
  • Skakels na erediensopnames

Sluitingsdatum: Sondag, 16 November 2025.

Onderhoude: 24-28 November 2025.

Ingevolge die POPIA-wet gee kandidate toestemming dat hulle inligting deur die pre-advieskommissie en kerkraad slegs vir hierdie aanstellingsproses gebruik mag word.

Navrae:

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.