Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Voltydse leraar of Diensleraar
GEMEENTEPROFIEL:
Erfdeel-gemeente is geleë in Riebeeckstad naby Welkom in die Vrystaat. Ons gemeente beklemtoon die evangeliese boodskap van verlossing, genesing en ’n meer persoonlike ervaring van geloof en leef in alles, insluitend ons finansies in totale afhanklikheid van die Here alleen.
Die gemeente beleef baie goeie erediensbywoning en betrokkenheid van die lidmate. Daar is baie mense uit omliggende dorpe wat by die gemeente inskakel.
Die gemeente se aanbiddingstyl word gelei deur die Heilige Gees en daar is ’n baie vriendelike en gemaklike atmosfeer in eredienste en die gemeente oor die algemeen.
Die gemeente het ’n geestelik volwasse kerkraad van 16 lede wat in samewerking en in harmonie met die leraars die gemeente bestuur.
Die gemeente het ’n dinamiese jeug- en tienerbediening. Die gemeente het agt aktiewe bedienings wat onafhanklik van die kerkraad funksioneer.
Hierdie pos is geskik vir ’n gelegitimeerde leraar of diensleraar.
Die vereistes wat vir ons belangrik is:
- ’n Standhoudende, aktiewe verhouding met die Here.
- ’n Lewe in totale afhanklikheid van die Here saam met die kerkraad.
- Goeie, gemaklike samewerking met die personeel en die kerkraad.
- Kreatiewe denke en werkswyse veral ook tydens eredienste.
- Openheid vir nuwe idees, nuwe maniere van doen en verandering in die bedieningsopset en -styl van die gemeente.
AANSOEKE: Aansoeke moet die volgende insluit:
- CV.
- ’n Kort brief wat verduidelik waarom jy aansoek doen om in Erfdeel-gemeente te bedien.
- Drie referente met hulle kontaknommers.
- Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en bereid wees om persoonlikheidstoetse af te lê volgens die besluit van die kerkraad.
- Moet bereid wees om ’n preekbeurt in die gemeente waar te neem as deel van die aansoek en ook om die gemeente te besoek op uitnodiging van die kerkraad.
AANSOEKE KAN PER E-POS GESTUUR WORD AAN: emrijamri@gmail.com
VERGOEDINGSPAKKET: Die vergoeding sal bepaal word volgens sinodale riglyne.
Sluitingsdatum: 31 Desember 2025.
Diensaanvaarding: 1 April 2026.
NAVRAE:
Gemeenteleraar: Ds Lé-Roy Wentink, Lrwentink@gmail.com / 078 745 9509.
Kerkraadvoorsitter: Emri Pienaar, emrijamri@gmail.com / 084 580 5950.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
