Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Riviera-Jakaranda: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar

Riviera-Jakaranda is geleë in die Mootarea in Pretoria met ’n komplekse aktiwiteitstruktuur in die omliggende gemeenskap, insluitend die Steve Biko Akademiese en Tshwane Distrikhospitale en het ongeveer 450 lidmate.

Ons gemeente is diep geanker in die Woord en leef onder leiding van die drie-enige God.

Ons droom is om bekend te staan as:

’n Gemeente met oë wat raaksien, harte wat omgee en hande wat dien.

Ons soek ’n passievolle en toegewyde predikant wat:

  • ’n Geestelike leier en visiedraer is, saam met die kerkraad.
  • Die gemeente help om ons bedieningsplan uit te leef en te bestuur.
  • Lidmate en bedieningspanne bemagtig en inspireer om hulle gawes te gebruik (Efesiërs 4).
  • Netwerke bou en eksterne sprekers/kenners betrek om toerusting en groepe moontlik te maak.
  • Passievol is oor prediking en “EPIC” eredienste. (Experience, Participation, Images and Connectedness).

Vereistes:

  • Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk.
  • Voldoen aan kerkordelike en voortgesette opleidingsvereistes.
  • Identifiseer ten volle met Riviera-Jakaranda se waardes en bedieningsplan.
  • Bereid om ’n induksieproses saam met die kerkraad te deurloop.
  • ’n Inspireerder, spanspeler en bemagtiger.
  • Vaardig met moderne tegnologie en kreatief in die gebruik daarvan.

Ons bied:

  • ’n Warm, gasvrye geloofsgemeenskap met ’n ryk geskiedenis.
  • ’n Betrokke kerkraad en toegewyde lidmate.
  • ’n Duidelike visie en bedieningsplan wat rigting gee.
  • Vergoeding waar die sinodale skale as riglyn gebruik word.

Die pos behels ’n 50%-aanstelling. Die predikant sal saam met nog ’n predikant in die gemeente werk wat ook in ’n 50%-pos aangestel is en wat verantwoordelikheid vir die seniorbediening in die gemeente aanvaar.

Stuur ’n verkorte CV en ’n skakel na die mees onlangse erediens wat jy gelei het aan ons diensverhoudingevoorsitter, Cornel Uys by uyscornel@gmail.com.

Die bogenoemde bedieningsplan is ook by hom beskikbaar.

Verdere besonderhede beskikbaar by dr Roelf Opperman (brugpredikant) 082 335 1156 of dr Hannes van der Walt (voorsitter van die kerkraad) 082 643 2562.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 November 2025.

Diensaanvaarding: 1 Maart 2026.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top