Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Luckhoff: Predikantspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Predikantspos

Sluitingsdatum: 31 Desember 2025.

Dienstermyn: Een jaar vastetermyn.

Gemeenteprofiel:

Luckhoff is ’n plattelandse dorp geleë aan die suid-westelike Vrystaat, omring deur verskeie saai- en veeboerderye. Ons gemeente bestaan uit 152 belydende en 48 dooplidmate in dorps- en plaaswyke. Ons is deel van die Ring van Fauresmith in die Vrystaat.

Luckhoff se gemeente is diep gewortel in die plaaslike gemeenskap en werk saam met ander om maatskaplike uitdagings aan te spreek, soos armoede en opvoeding. Ons visie is om ’n lewendige, groeiende geloofsgemeenskap te wees wat mense van alle ouderdomme en agtergronde nader aan Christus bring deur relevante prediking, pastoraat en gemeenskapsbetrokkenheid. Die gemeente staan voor die uitdaging om jonger lidmate te betrek in ’n era van verstedeliking, maar sien ook geleenthede om nuwe bedieninge te ontwikkel wat moderne uitdagings aanspreek, soos digitale betrokkenheid en jeuggerigte aktiwiteite.

Leraarsprofiel: Ons gemeente soek ’n afgetrede leraar (65 of ouer) wat:

  • ’n Geesvervulde verhouding met die Here het en sy liefde uitleef.
  • Wat sal tuis voel in ’n plattelandse omgewing waar persoonlike kontak hoog geag word.
  • ’n Goeie prediker is – relevant, Bybelsgegrond (gereformeerde teologie) en in voeling met die gemeente.
  • ’n Hart het vir die wyer gemeenskap en die vermoë om ’n brugbouer te wees.
  • Met verskillende ouderdomsgroepe kan werk (kinders, jeug, jong volwassenes, manne, vroue en seniors).
  • Intuïtief is met mense uit diverse agtergronde en sosiale kontekste.
  • Lidmate wat afwesig of vervreem is, weer kan betrek en te laat tuis voel.
  • Gemeentegroei te kan stimuleer, veral onder die jong volwassenes (21-40 jaar).
  • Inisiatief toon, proaktief optree en ander se sterk punte kan herken en benut.
  • Pastoraal ingestel is en sensitief kan onderskei waar en by wie ingryping of ondersteuning nodig is.

Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding en voordele: ’n Vergoedingspakket sal onderhandel word met die suksesvolle kandidaat.

Aansoek:

Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van drie onlangse referente.

Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n proefpreek en onderhoud in Luckhoff.

Rig aansoeke aan: ‘Voorsitter van die kerkraad’ by ngkluckhoff@gmail.com

Diensaanvaarding: 1 Junie 2026 (vroeër datum kan onderhandel word).

Navrae:

Eppie Dalton (voorsitter van die kerkraad) by 082 770 1422 of eppie.dalton@gmail.com

Mias Nortier (konsulent) by 083 739 5323 of mnortier@gmail.com

Die kerkraad behou die reg om nie ’n beroep uit te bring nie. Deur die indiening van hulle CV, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act) deur NG Gemeente Luckhoff vir die keuringsproses gebruik kan word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top