Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Greytown, KZN: Diensleraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Diensleraar (Reglement 14)

Met groot opgewondenheid en in biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad bogemelde vakature bekend.

Ons gemeente se visie en missie is om:

BEELDDRAERS VAN JESUS CHRISTUS TE WEES WAT GOD BEKEND MAAK DEUR:

– HOM TE AANBID

– VIR MEKAAR EN ANDER OM TE GEE

– IN ONS GEMEENSKAP HULP TE VERLEEN ASOOK VREDE EN HOOP TE BRING

Greytown-gemeente is in die pragtige KwaZulu-Natalse middellande geleë, ongeveer 75 km noord van Pietermaritzburg (halfpad tussen die Drakensberge en die see).

Die gemeente is op soek na ’n energieke, selfgedrewe persoon, met ’n passie vir mense.

Posvereistes

  • Emosionele volwassenheid, goeie menseverhoudinge, leierskap- en kommunikasievaardighede.
  • Kennis mbt effektiewe aksies, insluitende die gebruik van sosiale media om lidmate te betrek.
  • Die vermoë om ’n boodskap met relevansie en konteks mbt die hedendaagse wêreld waarin ons lewe oor te dra.
  • Pastoraat en bejaardebediening.

Vergoedingspakket

  • Die salarispakket is onderhandelbaar.
  • Gratis pastorie met gesubsideerde munisipale dienste.
  • Bystand met verhuisingskoste.

Aansoeke:

Stuur volledige CV met minstens drie verwysings na: ngkgreytown@umvoti.co.za

 Sluitingsdatum: 17 Desember 2025.

Navrae:

Conrad Fourie (voorsitter van kerkraad) 082 308 4424 / conrad@mascorafrica.com

Alet van der Merwe (gemeentebestuurder) 071 107 5781/ ngkgreytown@umvoti.co.za

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top