Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Voltydse vastetermynleraar (drie jaar)
Sluitingsdatum vir aansoeke: 24 November 2025.
Gemeenteprofiel:
Williston is ’n plattelandse dorp in ’n boerderygemeenskap in die suide van die Noord-Kaap. Die gemeente bestaan uit 213 belydende lidmate en 42 dooplidmate, wat verdeel is in nege wyke – drie dorpswyke, vyf plaaswyke en die plaaslike tehuis vir bejaardes. ’n Privaat laerskool en voorskoolse klas bedien die gemeenskap.
Visie: Leef soos Jesus, leef naby God.
Leraarsprofiel:
- Verrig sy/haar werksaamhede ooreenkomstig Artikel 9 van die Kerkorde.
- Skakel in by die bestaande strukture in die gemeente en kan effektief in spanverband saamwerk.
- ’n Goeie prediker wat Skrifgetrou preek en die Woord aktueel, boeiend en verstaanbaar vir oud en jonk uitlê.
- ’n Leier met goeie menseverhoudinge wat na lidmate en die gemeenskap op alle sosiale vlakke, kan uitreik.
- Sterk pastorale bewussyn wat die waarde van huis-, sieke- en bejaardebesoeke hoog ag.
Fokusareas:
Die leraar aanvaar verantwoordelikheid vir die bediening waarbinne sy/haar gawes en passies aangewend word, met as fokusareas:
- Die vestiging van ’n dissipelskapskultuur waarbinne lidmate verantwoordelikhede aanvaar.
- Die missionêre gemeentebenadering waar die gemeente die gemeenskap en omgewing wil dien om sodoende gelowiges se geloofsfamilie te word.
- ’n Familiebenadering waarbinne families bemagtig word met die oog op geloofsgroei en sodat die gemeente een groot familie in God se koninkryk sal wees.
Vergoeding:
Onderhandelbare salaris volgens sinodale skale en jare van diens met ’n TKVI van maksimum R400 000 per jaar.
’n Pastorie met munisipale dienste ingesluit, ’n gemeentevoertuig en ’n kommunikasietoelaag is bykomend tot die TKVI.
Aansoeke:
Aansoek moet vergesel wees van ’n CV (maksimum vier bladsye), asook die volledige name en kontakbesonderhede van minstens twee onlangse referente en ’n Meyers Briggs persoonlikheidsontleding.
Vertel asb ook kortliks in die dekbrief iets meer oor u lewensreis tot nou en u roepingsverhaal, bedieningservaring, wat u motiveer en/of areas waar u nog graag wil groei.
E-pos aansoek na: ngkwilliston@gmail.com
Kandidate moet vir onderhoude beskikbaar wees op ’n datum, tyd en plek soos deur die kerkraad bepaal en met die kandidaat ooreengekom. Kandidaat moet ook vir ’n moontlike preekbeurt beskikbaar wees.
Navrae kan gerig word aan:
Mnr Gustav von Möllendorf, sel 082 569 4116, e-pos gustavvonmoll@gmail.com
Mnr Johan van der Colff, sel 083 231 9859, e-pos vdcjohan6@gmail.com
Diensaanvaarding: Januarie 2026 of soos met die suksesvolle kandidaat onderhandel.
Deur die indiening van ’n CV, gee die kandidaat toestemming dat die inligting soos vervat in die CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing (Protection of Personal Information Act), deur NG Gemeente Williston vir die keuringsproses gebruik kan word.
Die kerkraad behou hom die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
