Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Vastetermyn predikantspos vir twee jaar
Gemeenteprofiel:
- Pofadder is ’n multikulturele dorp as gevolg van myne en sonplase in die omgewing.
- Pofadder is ongeveer halfpad tussen Springbok (165 km) en Kakamas (120 km) op die N14.
- Pofadder is ’n klein plattelandse gemeente met 200 lidmate (insluitend 40 dooplidmate) waarvan die meerderheid lidmate bo 50 jaar is.
- Daar is 80 besoekpunte waarvan die meeste op plase met swak onderhoude grondpaaie is en tot sover as 70 km van die dorp en verder kan wees.
- ’n Tehuis vir bejaardes (Huis Sophia – 22 inwoners) vorm deel van die gemeente.
- Hierdie pos is ideaal vir ’n emeritus wat geroepe voel om nog in die Here se diens te staan, of ook vir ’n jong leraar wat lief is vir die platteland en sy mense.
- Gelegitimeerde predikante van die NG Kerk is welkom om aan te meld vir die pos.
Ons bid dat die Here vir ons ’n leraar sal gee wat:
- ’n Lewende verhouding met God het.
- Moet begrip hê vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente, waar die nodige hulpbronne (skole, groot winkels, mediese behandeling, ens.) nie altyd beskikbaar is nie en afstande ’n groot rol speel.
- Oor bedieningsvaardighede beskik om met alle ouderdomsgroepe te kan werk.
- ’n Energieke motiveerder wees.
- Goeie leierskap en ’n spanwerker is.
- Plaas-, huisbesoeke en wyksbyeenkomste as ’n prioriteit beskou.
- Kreatiwiteit het in aanbieding en beplanning van eredienste sowel as kommunikasie.
Pligte:
- Volgens Art 9 van die Kerkorde en soos ooreengekom.
- Die gemeente plaas ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking, getroue huisbesoek, siekebesoek en wyksbyeenkomste.
- Uitreik na gemeentelede wat nie meer eredienste bywoon of betrokke is by gemeente-aktiwiteite nie.
Vergoeding:
’n Vergoedingspakket van R30 000,00 per maand (totale koste van indiensneming) asook:
- ’n Gerieflike pastorie met elektrisiteit, alternatiewe kragbron, water en internettoegang.
- ’n Bakkie vir gemeentewerk (brandstof en dienste ingesluit).
- ’n Telefoontoelaag van R500 pm (nie deel van die TKVI).
Aansoeke:
Stuur aansoeke en CV’s met drie verwysings aan: Die skriba by ngkpof@gmail.com
Navrae:
Annas van der Merwe (voorsitter van diensverhoudinge) 084 833 0317.
Alta Kruger (skriba) 083 236 4165.
Ds Gert Kok (huidige leraar) 083 417 8323.
Sluitingsdatum: 12 Januarie 2026. Diensaanvaarding: 1 April 2026.
Geborg
