Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Voltydse predikantspos
NG Birchleigh is ’n gevestigde voorstedelike gemeente, in Kemptonpark, binne die Hoëveld Sinode. Die gemeente se visie: “Gestuurdes”.
Die gemeente bestaan uit 637 belydende en 126 dooplidmate.
Leraarsprofiel
’n Predikant wat:
- Lief is vir die Here, sy Woord, sy kerk en al sy mense, binne en buite die kerk.
- Erns maak met persoonlike toewyding, Bybelstudie en gebed.
- Fokus op dinamiese eredienste, aktuele prediking, meelewende lof en aanbidding en gebedsmobilisering van die gemeente.
- Met ’n herderlike en dienende hart, alle ouderdomsgroepe verstaan en hulle kan lei, bedien, versorg en bemagtig.
- ’n Missionale hart het, wat die gemeente bemagtig om God se gestuurdes in ons omgewing en die wêreld te wees.
Ons moedig vernuwing, kreatiwiteit en toekomsgerigtheid aan.
Taakbeskrywing
Artikel 9 van die Kerkorde dien as raamwerk vir al die verantwoordelikhede. Die kerkraad onderskei en bepaal, saam met die predikant, die wyse waarop dié verantwoordelikhede, in lyn met bepaalde begaafdhede, uitgeleef word en vervat dit in ’n diensooreenkoms.
Vergoeding
Vergoeding is geskoei op die beleid van Totale Koste van Indiensneming, met as maksimum, die 5de kerf van die traktementskaal.
’n Ruim pastorie is langs die kerk beskikbaar.
Aansoek
Aansoeke (insluitend CV, opsomming van ondervinding en onlangse foto) moet elektronies gestuur word na:
birchlei@mweb.co.za – vir aandag van Die gemeentebestuurder. Vir meer inligting, kontak die kerkkantoor, 011 391 2498.
Aansoeke sal oorweeg word om die mees geskikte persoon aan te stel.
Sluitingdatum: 31 Desember 2025.
Diensaanvaarding: April 2026, of so spoedig moontlik.
Die gemeente behou die reg voor om die pos nie te vul nie of te heradverteer indien daar nie ’n geskikte kandidaat binne die gestelde raamwerk gevind word nie.
