Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Mareetsane: Kontrakleraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Kontrakleraarspos

GEMEENTEPROFIEL:

NG Mareetsane is ’n plattelandse gemeente, omring deur skilderagtige landskappe. Die gemeente is in 1982 gestig, en sedert 1990 is die kerkgebou ’n hawe van God se genade vir lidmate, besoekers en vreemdelinge. Tans het die gemeente 106 belydende lidmate en 20 dooplidmate. Mareetsane se gemeenskap is sterk verweef met die landbou- en mynbousektor, terwyl ’n klein besigheidsinfrastruktuur die dorp ondersteun. Die dorp is ongeveer 60 km van Mafikeng, 100 km van Lichtenburg en 80 km van die Botswana-grens geleë. ’n Groot deel van ons jeuglidmate gaan skool buite die dorpsgrense. Ons is ’n gemeente wat leef uit God se genade en wil ander daarmee dien. Ons wil ’n veilige hawe wees waar God se genade sigbaar word in alles wat ons doen.

LERAARSPROFIEL:

’n Leraar wat ruimtes skep waar gesinne en kinders welkom en tuis voel; bereid is om voortdurend toegerus te word en te groei in die bediening; dapper, kreatief, vernuwend en toekomsgerig dink; deel wil wees van ’n span wat mekaar ondersteun en ruimte bied om elkeen se gawes binne die kerk uit te leef.

Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vereistes van besondere belang vir die kerkraad:

’n Sterk gereformeerde teologiese uitkyk, met besondere klem op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die belydenisskrifte van die kerk. ’n Passie vir die bediening van die Woord in alle fasette van die gemeentewerk. Entoesiasme en toewyding om die gemeente en gemeenskap op te bou en toe te rus deur persoonlike kontak, pastorale versorging en huisbesoeke.

VERGOEDING:

Ons bied ’n vergoedingspakket van R32 000 (bruto) per maand aan, plus ’n dertiende tjek. Ander byvoordele is gratis bewoning van ’n ruim pastorie met ’n pragtige tuin, asook gratis elektrisiteit en water, is ingesluit.

KONTRAKTYDPERK:

Die pos is vir ’n driejaarkontrak, met die waarskynlikheid van verlenging. Geskikte kandidate sal genooi word vir ’n preekbeurt en onderhoud, teen koste van die gemeente. Indiensnemingsdatum 1 Maart 2026.

AANSOEKE:

Stuur ’n volledige CV na ngkmareetsane@gmail.com

Asook ’n getuienisvideo per WhatsApp na navrae kontaknommers.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 1 Desember 2025.

NAVRAE: Leierouderling: mnr Flip du Preez 082 389 9336.

Saakgelastigde: me Antoinette van der Linde 083 303 0585.

Die kerkraad behou hom steeds die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top