Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Hoof- Uitvoerende Beampte
Hoofkantoor: Bellville
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSSA) vertaal en versprei Bybels sedert 1820 in Suid-Afrika en is ’n lid van die Verenigde Bybelgenootskappe, ’n familie van 148 Bybelgenootskappe wat in meer as 200 lande werksaam is.
Die BSSA (Bybelgenootskap van Suid-Afrika) nooi toegewyde en geskikte kandidate uit om aansoek te doen vir hierdie strategiese posisie, wat verantwoordelik sal wees vir die organisasie se hoof uitvoerende funksie. Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir leierskap, strategiese leiding / rigting, bestuur, goeie korporatiewe beheer en die oorhoofse koördinering van alle bedryfsaktiwiteite. Die HUB sal op die direksie dien, asook op alle relevante streekskomitees.
Pligte sluit die volgende in (onder andere):
- Strategiese en visionêre leierskap, bestuur en korporatiewe beheer van die BSSA.
- Implementering en uitvoering van die beleid en strategie.
- Bereiking van nasionale en internasionale doelwitte met betrekking tot fondsinsameling, Bybelvertaling, -produksie en -verspreiding in alle tale en formate.
- Korporatiewe bestuur en risikobestuur.
- Finansiële bestuur.
- Menslikehulpbronbestuur.
- Eksterne skakeling.
- Openbare betrekkinge.
- Operasionele bestuur.
- Internasionale pligte as lid van die “United Bible Societies”.
- Algemene administrasie.
Vereistes:
- Bestuurs- en leierskapservaring op senior vlak.
- Relevante bestuurskwalifikasie.
- Kennis/ervaring binne die breër interkerklike en ekumeniese omgewing.
- Toepaslike teologiese kwalifikasie en ervaring in aktiwiteite binne kerkverband.
- Status as geordende/gelegitimeerde predikant (sal in die kandidaat se guns tel).
- ’n Christen wat glo dat die Bybel die Woord van God is.
- Teologiese en missionale georiënteerde begrip van die Bybel se missionale landskap.
- Goeie werkskennis van toepaslike wetgewing en korporatiewe bestuursbeginsels.
- Praktiese kennis/ervaring van finansiële administrasie, bemarking en die besigheidsomgewing.
- Kennis van die Bybelgenootskap se werksaamhede (nasionaal en internasionaal).
- Bewese vaardighede in openbare betrekkinge en onderhandelinge.
- Uitstekende kommunikasievaardighede – geskrewe en mondelings.
- Hoë vlak van etiek, integriteit en professionaliteit.
- Rekenaarvaardigheid.
Registreer asb jou aansoek hier:
https://www.ditto.jobs/job-details?id=2287382346
