Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Windhoek-Oos: Musiekkoördineerder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Pos: Musiekkoördineerder

Sluitingsdatum: 9 Januarie 2026.

Die NG Kerk Windhoek-Oos wag aansoeke in vir die voltydse pos van musiekkoördineerder: Iemand wat die gawe van musiek en leierskap met geestelike volwassenheid gebruik om te dien en leiding te gee in aanbiddingsmusiek en -sang in die gemeente se eredienste en by ander geleenthede waar nodig.

Die fokus van musiek in hierdie gemeente is op aanbidding en ’n dieper ervaring van God Drie-enig. Klem op ’n verskeidenheid van musikante, musiekinstrumente, ouderdomme, style, tale ens is vir ons belangrik. Kontak en samewerking met ander gemeentes, speel ook ’n groot rol.

Die geskikte kandidaat moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • ’n Belydende volgeling van Jesus wees met ’n lewe van aanbidding en diens. Indien nie reeds deel van NG Kerk Windhoek-Oos nie, moet die kandidaat bereid wees om voltyds deel van die gemeente te raak.
  • Entoesiasties en passievol wees oor musiek in die algemeen, maar ook met die klem op musiek wat op God en navolging van Jesus fokus.
  • Dit as ’n roeping beskou om die Here en die gemeente deur middel van veral die gawes van musiek en leierskap te kan bedien. Dit moet in lyn met die roeping, waardes en gewoontes van die gemeente wees.
  • Genoegsame ervaring en kennis hê van musiekbegeleiding binne kerkverband. ’n Musiekbedieningspan kan selekteer, bou, bestuur en afrig. Die geskikte kandidaat moet voorsangers kan help toerus en bestuur, inoefen saam met die begeleidingspan en goed in ’n span kan werk. Om self te kan begelei en te sing sal ’n pluspunt wees.
  • Erediensbeplanning in oorleg met die betrokke erediensleier kan doen. Die uitkies, verwerking en transponering van liedere kan doen met teologiese en musikale kwaliteit as prioriteit.
  • Genoegsame ervaring en kennis hê om met musiek die gemeente in aanbidding en lofprysing te kan lei waar nodig, maar ook oop wees vir nuwe style en ander se voorstelle. Leerbaarheid is hoogs aan te bevole.
  • Moet rekenaarvaardigheid in ten minste Word en PowerPoint hê.

Vergoeding: Markverwant en onderhandelbaar.

Aansoeke: Stuur bondige CV aan: kantoor@ngkerkwindhoekoos.com

Die kandidaat moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en oudisie.

Diensaanvaarding: 1 April 2026.

Navrae: Christa Louw (musiekkoördineerder) +264 81 271 7038.

Eddie Turner (gemeentepredikant) +264 81 228 9137.

NG Kerk Windhoek-Oos behou die reg voor om nie die pos te vul nie vir welke rede ook al in terme van aansoeke ontvang.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top