Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Orrelis/Clavinovabegeleier
NG Kerk Krokodilrivier, ’n gevestigde gemeente wat sedert 1914 bestaan en ’n ryk en mooi geskiedenis het, nooi hiermee aansoeke uit vir die pos van orrelis/clavinovabegeleier. Die gemeente is een van twee NG gemeentes binne die dorpsgrense van Brits, wat omring word deur ’n welvarende landbou-, nywerheids- en myngemeenskap. Brits lê op die drumpel van Gauteng, sowat 60-70 km vanaf Pretoria en Johannesburg. Ons het ongeveer 1 150 lidmate, met twee leraars, wat ’n sterk jeug- en jongvolwasse komponent insluit.
Ons glo dat musiek ’n kernrol speel in die dra van die boodskap tydens die erediens, en dat dit die liturg ondersteun in die verkondiging daarvan.
Posbeskrywing:
Ons soek ’n vindingryke, passievolle en aanpasbare musiekbegeleier wat die gemeente met inspirasie kan begelei – afwisselend op beide die orrel en die clavinova.
Die pos behels onder andere:
- Koördinering van ons totale musiekbediening.
- Inspirerende begeleiding van gemeentesang.
- Voorbereiding en begeleiding van eredienste (klassiek en kontemporêr).
- Alle voorbereiding rondom liturgie in samewerking met die leraars.
- Gebruik van Flam-, Vonkk- en Liedboek-liedere, asook ander liedere soos versoek, die gemeente is gereed vir nuwe geestelike musiek wat beskikbaar is.
- Voorbereiding en begeleiding van ander musiekbydraes tydens eredienste.
- Musikale versorging van spesiale of ander geleentheidsdienste.
- Samewerking met sangers en instrumentaliste; begeleiding van koor of ensemble waar nodig.
Vereistes: Die ideale kandidaat moet:
- entoesiasties en passievol wees oor musiekbediening;
- oor toepaslike musiekkwalifikasies, vaardighede en relevante ondervinding beskik;
- oor goeie tegnologiese vaardighede beskik;
- binne spanverband, effektief kan funksioneer;
- ervaring hê in die begeleiding van ’n gemeente (vereiste); bereid wees om saam met die leraars oor die toekoms te kan droom en beplan;
- beskikbaar wees vir ’n Saterdag speelgeleentheid (op die orrel en die clavinova), ’n Sondagoggenddiens en ’n onderhoud daarna.
Vergoeding:
Onderhandelbare salaris volgens SAKOV-skale as riglyn, afhangend van kwalifikasies en ervaring.
- Spel tydens begrafnisdienste vir lidmate word ingesluit by die maandelikse salaris.
- Spel tydens begrafnisdienste van nie-lidmate word nie ingesluit by die maandelikse salaris nie.
Aansoekproses:
Stuur asseblief ’n kort CV per e-pos na: kantoor@ngkrokodilrivier.co.za, vergesel deur die volgende:
- ’n kort skriftelike motivering waarom u glo dat u goed in die pos sal pas;
- ’n kort selfoonvideo, waarin u uself bekendstel (aangeheg by CV per e-pos);
- ’n kort selfoonvideo van u orrelspel (aangeheg by CV per e-pos);
- drie referente.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2026.
Vir enige navrae kontak vir ds Theo Oosthuyzen 082 388 5002 of Francois Hanekom (kerkraadvoorsitter) 082 851 7894.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
