Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Predikant (onbepaalde termyn)
Sluitingsdatum: 23 Januarie 2026.
Die NG Gemeente Uitenhage-Winterhoek, ’n voorstedelike gemeente in Kariega, Nelson Mandelabaai, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk om aansoek te doen vir ’n voltydse, onbepaalde termynpos. Ons leraar emeriteer in Februarie 2026 na ’n geseënde bediening. Ons vertrou dat die Here iemand stuur om saam met ons ’n nuwe seisoen te betree.
Gemeenteprofiel
Uitenhage-Winterhoek is ’n lojale, warm en hegte gemeente gekenmerk deur goeie verhoudings, respek en geloofsverbondenheid. Met ons sowat 400 belydende lidmate is ons dankbaar vir:
- Spanwerk tussen kerkraad en predikant.
- Goeie prediking en eredienste wat ons aan God en mekaar verbind.
- Betrokke en lojale lidmate.
- Geboue en bates wat uitstekend versorg word.
- Die Ring van Uitenhage met wie ons positief saamwerk.
Ons uitdagings sluit in:
- Groei van kleingroepe.
- ’n Ouer lidmateprofiel en die begeerte om jonger gesinne te bereik.
- Kreatiewe gesprek oor musiekbediening.
Ons is opgewonde oor die toekoms en sien groei as deel van ons roeping.
Posvereistes
Ons nooi predikante uit om aansoek te doen wat:
- Self in ’n lewende verhouding met God staan en ons kan help om Jesus te volg.
- Eredienste goed voorbereid kan lei, wat Skrifgetroue en toeganklike prediking insluit.
- ’n Hart het vir gesinne, pastorale sorg, en kleingroepe.
- Saam met die kerkraad onderskei en innoveer.
- ’n Spanspeler met ’n fasiliterende leierskapstyl.
- Voortgesette bedieningsontwikkeling prioritiseer.
- Oor digitale vaardighede (sosiale media, digitale kommunikasie, basiese rekenaarsagteware) beskik.
Die pligte behels Artikel 9 van die Kerkorde soos ooreengekom met die kerkraad.
Vergoeding
Die vergoeding is onderhandelbaar binne die sinodale riglyne en sluit gratis huisvesting in ’n pastorie, ’n reistoelaag en die ander vereiste byvoordele in. Die vergoeding kan binne die raamwerk van die wet gestruktureer word om aan die posbekleër se behoeftes te voldoen.
Aansoek
Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief wat motiveer waarom jy jouself binne hierdie pos by Uitenhage-Winterhoek sien en ’n CV met die name van drie referente.
E-pos jou aansoek aan winterhoek@ngkok.co.za.
Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.
Sluitingsdatum: 23 Januarie 2026.
Navrae:
Voorsitter: Deon-Jacques Pieterse (083 654 4468, dj.pieterse@telkomsa.net
Skriba: Me Deardré Meyer, 083 609 9256, winterhoek@ngkok.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
