Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Kanoneiland: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG Kerk Kanoneiland is ’n warm, gasvrye en hegte geloofsgemeenskap in die hart van die Noord-Kaap se vrugte- en wingerdbedryf. Ons waardeer egte verhoudings, gesinsbetrokkenheid en praktiese liefde in aksie. Die gemeente nooi graag aansoeke uit vir die pos van:

Leraar

Vereistes:

  • Gelegitimeerde leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
  • Ervaring in gemeentebediening, pastorale werk en sendingbediening is ’n aanbeveling.
  • ’n Hart vir landelike gemeentelewe, verhoudinge bou en saamgroei in geloof.
  • Eie vervoer en geldige rybewys.

Pligte en verantwoordelikhede:

  • Suiwer verkondiging van die Woord in eredienste, kategese en ander geloofsvormingsruimtes.
  • Bedien van sakramente ooreenkomstig die gereformeerde kerkorde.
  • Huis- en plaasbesoeke, berading, bemoediging en geestelike begeleiding van lidmate.
  • Fasilitering en begeleiding van kerkraadslede en lidmate van die visie volgens die INPAS-model om ’n biddende, Woordgefundeerde en missionale liefdesgemeenskap te vestig.
  • Kerkraad toerus vir geestelike versorging.
  • Ouers toerus vir die geestelike vorming van hulle kinders.
  • Deelname aan kerkraadsvergaderings, ring- en sinodale strukture en administratiewe verantwoordelikhede.
  • Plaasbediening: Besonderhede van die unieke plaasbedieningskonteks kan in gesprek met die aansoekers verder toegelig word, aangesien dit ’n kernfokus van die gemeente se roeping is.

Vergoeding:

’n Mededingende, markverwante vergoedingstruktuur, insluitend behuising, word aan die pos gekoppel. Termyn van aanstelling, twee jaar met die opsie om te verleng.

Die kerkraad hou die reg voor om nie te beroep nie.

Aansoekproses:

Telefoniese navrae: kerkkantoor 082 755 2271 of A Oberholzer 082 923 7202.

Stuur ’n volledige CV met verwysing MDNK voor 15 Januarie 2026 aan:

ORFFER & VAN DER MERWE

               HUMAN RESOURCE PRACTITIONERS

                     E-pos: recruitment@ovdm.co.za 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top