Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar – permanente pos
Gemeenteprofiel:
Fraserburg is ’n klein plattelandse Karoo-gemeente met ongeveer 240 lidmate. Die gemeente bestaan al vanaf 1851 en was deur die jare kenmerkend getuienisgeoriënteerd. Hier is baie senior lidmate, maar ook ’n sterk groep volwasse jong lidmate wat vernuwend inwerk op die gemeente.
Posprofiel:
Ons verlang na ’n meelewende geestelike leier wat met Artikel 9 as riglyn en taak die gemeente kan opbou met die hulp van die Here om meer en meer sy roeping plaaslik en na buite uit te leef. Kleingroepbediening, huisbesoek en pastorale versorging moet voorrang geniet.
Vergoeding:
Sinodale skaal sonder reiskoste. Gemeentevoertuig vir amptelike werk. Pastorie met drie slaapkamers en gastesuite. Toegerus met sonkrag.
Navrae:
Skriba, Mariet van Wyk 023 741 1028 of 083 556 9398.
E-pos: ngkfraserburg@breede.co.za
Hoofouderling, Pieter le Roux 023 741 8855 (na ure) of 082 390 6699.
E-pos: eselfontein1@gmail.com
Aansoeke:
Stuur ’n CV van twee bladsye wat ’n bondige weergawe van jou roepingsverhaal, jou gawes en persoonlike besonderhede insluit na: ngkfraserburg@breede.co.za.
Gee ook die kontakbesonderhede van drie referente.
Sluitingsdatum: 31 Januarie 2026.
Diensaanvaarding: 1 April 2026.
