Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Daniëlskuil: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraar

Gemeenteprofiel:

Daniëlskuil is deel van die Ring van Griekwastad in die Noord-Kaap. Ons is ’n geestelike huis waar mense saam as familie kan groei in geloof, hoop en liefde. Hierdie hegte klein dorpsgemeenskap bestaan uit ’n unieke mengsel van boerdery, myne en besighede. Ons streef daarna om ’n gemeente te wees wat mekaar opreg ondersteun in elke faset van die lewe van alledaagse vreugdes en seëninge tot uitdagings en moeilike tye.

Die droom van ons kerk is om lig en seën te wees vir ons gemeente sowel as ons gemeenskap. Die fokus is om ’n omgewing te skep waar elke lidmaat ongeag ouderdom of agtergrond gesien en waardeer word, waar mense aangemoedig word om as deel van ’n groter familie hulle gawes en talente in diens van God en mekaar in te span.

Leraarsprofiel:

Ons nooi ’n gelegitimeerde leraar/proponent van die Nederduitse Gereformeerde Kerk om saam met ons te werk aan hierdie visie. Daar word hoë ag geplaas op die bou van verhoudings, sowel as pastorale versorging van die gemeente. Die geskikte kandidaat:

  • Is volgens Artikel 9 van die Kerkorde bevoeg om die bediening met toewyding uit te voer.
  • Beskik oor sterk kommunikasie- en leierskapvaardighede om die gemeente in geloof, hoop en liefde te begelei.
  • Het ’n passie vir bediening aan alle ouderdomme – kinder, jongmense, gesinne en senior lidmate.
  • Is Skrifgetrou in hulle verkondiging van die Woord.
  • Passievol oor prediking en aanbidding en gemaklik met die gebruik van digitale en moderne media in die bediening.
  • Heg waarde aan huisbesoek (in dorp en op plase) asook persoonlike betrokkenheid by lidmate en gemeenskapslede.
  • Deel ons visie dat die kerk ’n ruimte is van gemeenskap, waar lidmate as familie saamstaan, mekaar ondersteun en saam geestelik groei.

Vergoeding en voordele:

’n Voltydse pos met vergoeding volgens sinodale riglyne. Behuisingsubsidie beskikbaar.

Aansoek:

Stuur asseblief die volgendige:

  • Stuur ’n volledige CV van nie langer as vier bladsye, na ngkdanielskuil@gmail.com
  • ’n Dekbrief waarin u vertel wie u is, waarom u belangstel in hierdie bediening en hoe u deel wil word van ons gemeenskap – familie.
  • Kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
  • ’n Video of skakel na ’n onlangse preek.
  • Volledige kontakbesonderhede.

Kandidate wat op die kortlys aangewys word moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.

Sluitingsdatum: 24 Desember 2025.

Diensaanvaarding: 1 April 2026 of so spoedig daarna.

Navrae:

Skriba mev Christa Erasmus – 053 384 0044.

Vir na ure – Modes Cloete (voorsitter van die pre-advieskommissie) – 082 455 8128.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top