Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Rustenburg-Moedergemeente: Voltydse predikantspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse predikantspos

Die kerkraad van NG Gemeente Rustenburg-Moedergemeente stel in biddende afhanklikheid, ’n voltydse predikantspos bekend.

GEMEENTEPROFIEL:

Rustenburg-Moedergemeente is geleë in Rustenburg, Noordwes-Provinsie, ongeveer 110 km van Pretoria en 60 km van Pilanesberg. Daar is ’n hele aantal gevestigde laerskole en hoërskole op die dorp. Die gemeente het ongeveer 950 belydende en 203 dooplidmate. Die lidmaattal bestaan uit lidmate van alle ouderdomsgroepe.

LERAARSPROFIEL:

Enige gelegitimeerde leraar van die NG Kerk, tot op posvlak 4, wat aan die vereistes voldoen, word uitgenooi om aansoek te doen. Die volgende profiel dien as ’n riglyn vir voornemende aansoekers binne die konteks van Artikel 9 met die fokus op:

  • Prediking: Iemand wat Skrifgetrou preek en die eredienste lei sodat medegelowiges opgebou word in hulle persoonlike verhouding met die Here.
  • Pastorale versorging: In ’n land waar siekte, trauma en emosionele uitdagings deel van die lewe is, bly pastorale sorg ’n belangrike komponent in die bediening.
  • Tegnologie: Entoesiasties en ervare is rondom die kreatiewe gebruik van vernuwende tegnologie en sosiale media as bedieningshulpmiddel.
  • Leefstyl: ’n Passievolle en lewende verhouding met God.
  • Betrokkenheid: Betrokke sal wees by die operasionele dag-tot-dag bestuur van kerkaangeleenthede.
  • Bedieninge: Moet gemaklik oud en jonk kan bedien.

VERGOEDING:

  • Onderhandelbaar volgens die riglyne van die algemene sinode tot posvlak 4.
  • Huisvesting en normale byvoordele soos ooreengekom.

AANSOEKE:

  • Aansoeke moet vergesel word van ’n CV – nie langer as vier bladsye nie – en die name van drie onlangse referente.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n moontlike preekbeurt.

CV kan per e-pos gestuur na: rtbmg1029@gmail.com

NAVRAE:

Dr Hennie Kotze (voorsitter van die kerkraad), 082 615 7272.

Gerhard Malan (voorsitter DVK) 082 899 9401.

Sluitingsdatum: 15 Februarie 2026.

Diensaanvaarding: 1 Mei 2026.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie en die reg om inligting te kontroleer word voorbehou.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top