Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die NG Gemeente Hennenman wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
Vakature: Jeugwerker
Het jy ’n passie om kinders, tieners en jong volwassenes met die evangelie van Jesus te bedien? Dan is hierdie ’n geleentheid vir jou om jou passie en gawes te kan uitleef as deel van ons gemeente op die platteland.
Hennenman is geleë net oos van Welkom in die hart van die Vrystaat se goudvelde, ons bestaan uit ongeveer 519 lidmate waarvan 61 dooplidmate is.
Die Here het opwindende drome in ons hart geplaas vir die toekoms van ons gemeente en gemeenskap. Ons glo dat ons kinder-, jeug- en gesinsbediening deel daarvan moet wees.
Ons het twee goeie skole op die dorp waar Afrikaans nog as moedertaal onderrig word. ’n Voorreg nie vir baie ander skole beskore nie. Ons beskou die skole as ’n belangrike fokuspunt in die bediening en die jeugwerker se betrokkenheid is baie belangrik.
Kandidaat se profiel:
- ’n Persoon wat passievol is oor sy/haar verhouding met die HERE, en die HERE liefhet met sy/haar hele hart, siel, krag en verstand.
- Toepaslike kwalifikasie en bewese ondervinding met kinder- en jeugwerk.
- ’n Passie en gawe om kinders en jongmense geestelik te begelei, betrek en toe te rus om in ’n lewende verhouding met Jesus Christus te leef.
- Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.
- Die vermoë om in spanverband te werk.
Neem kennis: Die pos is onderhewig aan ’n ses maande proeftydperk, waarna ’n permanente aanstelling oorweeg sal word aan die hand van prestasie-evaluering.
POSBESKRYWING:
Algemene beplanning, bestuur en organisasie van kinder-, jeug-, en gesinsbediening, onder die begeleiding van die leraar.
Take sluit oa die volgende in:
- Beplanning, voorbereiding en uitvoering van alle aktiwiteite wat met die kinder-, jeug- en gesinsbediening verband hou, in oorleg met leraar en jeugkommissie.
- Hulp met administratiewe reëlings tov kampe, uitstappies, kategese en eredienste.
- Kommunikasie met leraar, jeugleiers, kategete, kinders en ouers.
SALARIS EN ANDER VOORDELE:
- Salaris: Vergoeding R180 000 per jaar. Ander moontlike voordele kan met aanstelling onderhandel word.
- Werksure: 40 werksure per week.
- Verlof: Volgens Wet op Basiese Diensvoorwaardes, wat geneem moet word tydens skoolvakansies, tensy daar ’n kamp/uitreik tydens ’n vakansie gereël is waarby die jeugleier betrokke moet wees.
AANSOEKE:
Stuur asb ’n volledige CV (met ten minste drie onlangse relevante referente), asook ’n kort bekendstellingsvideo van jou (waarin jy ons ook kortliks vertel wie jy is, jou verhouding met die HERE, jou ervaring met kinder-, jeug- en gesinsbediening en waarom jy aansoek doen) aan: nghennenman@gmail.com.
NAVRAE:
Ds Chris van der Linde (leraar) – 072 668 9982 of e-pos na: dschris777@icloud.com
SLUITINGSDATUM: 31 Januarie 2026.
DIENSAANVAARDING: 1 April 2026 (of so gou as moontlik daarna).
NGK Hennenman behou die reg voor om die pos nie te vul nie.
Sou jy teen 28 Februarie 2026 geen korrespondensie ontvang nie, word die aansoek as onsuksesvol beskou.
