Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature vir gemeenteleraar (onbepaalde termyn)
Die kerkraad nooi biddend gelegitimeerde leraars van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n opwindende pos.
Gemeenteprofiel
Uitenhage-De Mist bestaan uit 700 belydende en 150 dooplidmate. Ons is ’n gasvrye gemeente wat geroep word om na God, ons gemeenskap en mekaar te luister en in hierdie verhoudinge te dien.
Die gemeente is in Kariega (Uitenhage) geleë, die tuiste van uitgebreide vervaardiging en grens aan hierdie industrieë. Ons is ’n sentrum van hoop vir ons omgewing en bied ’n tuiskoms vir ons gemeenskap, met dienende leiers wat in vennootskap met die leraar bedien.
Ons gemeenskap beskik oor uitstekende skole en mediese dienste. Kariega is deel van die Nelson Mandela Metropool.
Leraar
Ons leraar help ons geestelik groei, bind ons saam en gaan ons voor in die dien van die Here, mekaar en die groter gemeenskap. Hy of sy het ’n lewende verhouding met die Here en lei deur voorbeeld, saam met ons leierspan. Die leraar bemagtig en ontwikkel nuwe leiers. Die jongmense van ons gemeente en dorp is vir ons belangrik.
Die Ring van Uitenhage werk uitstekend saam. Ons leraar is ’n spanspeler wat ook met die ring saamwerk.
Opdrag
Artikel 9 van die Kerkorde soos ooreengekom met die kerkraad.
Vergoeding
Totale jaarlikse koste van indiensneming beloop R440 000. ’n Bykomende kommunikasietoelaag en gratis huisvesting in ’n pastorie word voorsien. Die vergoedingspakket kan binne die wetlike raamwerk gestruktureer word om aan die behoeftes van die leraar te voldoen.
Diensaanvaarding: 1 Mei 2026 of so gou moontlik daarna.
Aansoeke
Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief en ’n kort CV. Verskaf minstens drie verwysings. Vertel ons in die dekbrief iets meer oor jou lewensreis, asook aspekte soos: jou roepingsverhaal, jou bedieningservaring, wat jou energeer, areas waar jy nog moet groei, en hoe jy konflik hanteer. Vertel ook hoe jy jou bediening in ’n nywerheidsdorp sal inrig, en meld enige ander saak wat jy onder ons aandag wil bring.
E-pos jou aansoek aan: demist@ngkok.co.za
Aansoekers moet beskikbaar wees vir evaluering.
Sluitingsdatum: Vrydag, 30 Januarie 2026.
Navrae:
Richardt van Rooyen (voorsitter kerkraad), 060 984 9645.
Ds Tobie van Schoor (konsulent), 079 877 8852.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit een van die aansoekers te maak nie.
