Prof. Musa Xulu het “ernstige onreëlmatighede” en “intimidasie” gelys as van die redes waarom hy bedank het as voorsitter van die art.22-komitee van die Kommissie vir Kulturele, Godsdienstige en Taalregte (CLR-kommissie).
“My leadership was hollow,” het Xulu gesê tydens sy bedanking op ’n perskonferensie wat op 15 Januarie in die Birchwood-hotel in Johannesburg plaasgevind het.
LEES OOK: Drukgroep bekommerd: ‘Hoe kan staat dan kerke voorskryf?’
Xulu het verduidelik dat hy op 25 April laasjaar aangestel is om leiding te neem van hierdie komitee wat navorsing moes doen na vergrype in die Christelike geloofsektor. Hy beweer ondermeer daar was soveel inmenging deur ander dat hy nie sy werk kon doen nie. Hy het hierop breedvoerig uitgebrei in ’n verklaring.
Die drukgroep, Freedom of Religion South Africa (For SA), het intussen gesê hulle eis ’n dringende onafhanklike ondersoek na die bewerings wat hy gemaak het.
Pastoor Bert Pretorius van South African Community of Faith-Based Fraternals and Federations (SACOFF) het Xulu se optrede verwelkom.
