Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kenridge Gemeente: Voltydse predikant

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse predikant met die fokus gemeenskapsvorming, -viering en gasvryheid

Sluitingsdatum: 16 Februarie 2026.

Die gemeente:

Kenridge Gemeente is ’n Afrikaanse, eietydse, makrogemeente geleë in die noordelike voorstede van Kaapstad met ’n lidmaattal van ongeveer 6 000. Die gemiddelde lidmaatouderdom is 36 jaar.

Die gemeente se visie is “Ons bou brûe soos Jesus”. Kenridge Gemeente het ’n passie vir Jesus en mense. Daarmee saam wil die gemeente ’n baken van hoop wees in die gemeenskap en oor gemeenskapsgrense heen.

Doel van die pos:

Die predikant is tesame met die bedieningspan verantwoordelik vir die geestelike leiding en sorg van die gemeente as geheel, met die spesifieke fokus op vorming en uitbouing van ons geloofsgemeenskap, gemeenskapsviering en gasvryheid. Hierdie bediening is ’n gefokusde bediening.

Fokusareas van die pos:

Artikel 9 van die Kerkorde vorm die basis van die posvereistes met ’n bykomende fokus op die volgende:

  • Vorming en uitbouing van geloofsgemeenskap en onderlinge verbondenheid.
  • Gemeenskapsviering in die vorm van feeste/projekte as deel van die kerklike jaar.
  • Bevordering van die kuierkarakter van die gemeente.
  • Beplanning, koördinering en groei van die bestaande gemeente kleingroepbediening (Connect-groepe).
  • Inskakeling van nuwe lidmate.
  • Gasvryheid.
  • Koördinering van pastoraat.

Persoonsvereistes:

  • Sterk organisatoriese en projekbestuurvaardighede.
  • ’n Netwerker met bewese interpersoonlike vaardighede om egte verhoudings te bou om lidmate van verskillende generasies aktief te laat inskakel by en inkoop in die roeping van die gemeente.
  • Vermoë om vrywilligers te mobiliseer, bemagtig, en strukture te skep vir nuwe vrywilligerinskakeling.
  • Individu wat gemaklik in spanverband kan werk en self ook inisiatief en eienaarskap kan neem.

Kwalifikasies en ervaring:

  • ’n Gelegitimeerde predikant van die NG Kerk (nie diensleraar nie).
  • Ten minste 10 jaar ervaring van gemeentebediening en bewese ervaring in die fokusareas soos bo uiteengesit.

Vergoedingspakket:

  • Volgens sinodale riglyne en bedieningservaring.
  • Huisvesting word voorsien.

Aansoeke:

Stuur aansoeke na die gemeentebestuurder (Liezl Byliefeldt) per e-pos: bestuurder@ngkenridge.co.za

Dokumente verlang:

  1. Opgedateerde CV (maksimum drie bladsye).
  2. Kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
  3. ’n Kort motiveringsbrief (maksimum 300 woorde) wat die aansoek met betrekking tot die fokusareas ondersteun.
  4. Skakels na twee onlangse opnames/uitsendings van preke.

Diensaanvaarding: 1 Mei 2026 (onderhandelbaar).

Proses:

Gekortlyste kandidate sal aan ’n gestruktureerde keuringsproses deelneem. Sodanige kandidate moet in persoon vir onderhoude beskikbaar wees op ’n datum, tyd en plek soos deur die keuringspaneel bepaal. Die finale keuringsproses sal ook psigometriese toetsing insluit. Die kerkraad behou die reg voor om onafhanklik van hierdie advertensie ’n aanstelling te maak of om nie die pos te vul nie.

Rig verdere navrae aan:

Liezl Byliefeldt (gemeentebestuurder) | bestuurder@ngkenridge.co.za | 082 492 5430.

Johan Steenkamp (leraar) | johansteenkamp24@gmail.com | 084 976 3931.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top