Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar
In diepe afhanklike verwagting en verwondering in die Here, nooi die kerkraad enige gelegitimeerde persoon binne die NG Kerk en susterkerke wat voltyds beroep mag word om deel van ons beroepingsproses te wees.
Indien u belangstel kan u gerus die kerkkantoor kontak om verdere inligting en vraelys te bekom tov die uitnodiging.
Die administratiewe bestuurder: Me Ria de Wet 051 522 2547 / 067 101 3977.
E-pos: rooikerkaansoek@gmail.com
Gemeenteprofiel: Ons is ’n stadsgemeente in Bloemfontein, Vrystaat, met sowat 571 belydende en 131 dooplidmate. Universitas-Wes het tans twee leraarsposte (die vakante pos is as leraar van die gemeente in geheel terwyl daar ’n tweede tydelike pos is met ’n emeritus leraar wat die aftree-oord Striata, wat binne die gemeentegrense lê, ten volle bedien).
Die gemeente is ’n plek waar mense in God hoop vind en ervaar. Ons gemeente is ’n veilige ruimte van die Here, waaroor Hy self waak. Dit is ’n plek waar individue en families die liefde van God beleef, en waar liefde vir mekaar en vir alle mense sigbaar uitgeleef word. Ons is ’n gasvrye, waardegedrewe gemeente waar almal welkom is.
Sluitingsdatum: 16 Februarie 2026
Vergoeding: Sinodale skaal onderhandelbaar. Die gemeente beskik nie oor ’n pastorie nie, maar bied ’n toelaag vir behuising. Ruim voorsiening ook vir reiskoste, mediese en ander toelaes.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik. (verkieslik nie later as 1 Mei 2026 nie).
Navrae: Ds Michael Rautenbach (Striata) 073 589 4164 of Phillip Coetzee 083 389 3255
E-pos: rooikerkaansoek@gmail.com
Die administratiewe bestuurder: Me Ria de Wet 051 522 2547 / 067 101 3977 of die finansiële beampte: Me Esmé Sinden 051 522 2547 / 083 320 6565.
Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie noodwendig die vakature uit een van die aansoekers of genomineerdes te vul nie.
