Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Pretoria-Garsfontein: Leraar met fokus op jeug (5/8 pos vir driejaarkontrak)

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.

Vakature: Leraar met fokus op jeug (5/8 pos vir driejaarkontrak)

Garsfontein-geloofsfamilie is geleë in die ooste van Pretoria, en bestaan uit ongeveer 2 100 lidmate. Ons staan bekend as “die gemeente in die stad met die groot hart”. Ons gemeente se visie is:” ’n Gasvrye geloofsfamilie, passievol oor God, wat saam leef en werk aan sy koninkryk”. Ons glo dat ’n gemeente ’n geloofsfamilie is, waar almal hartlik verwelkom en liefgehê word.

Hoe lyk die geskikte kandidaat?

  • Jy het ’n opregte verhouding met die Here en het die Here passievol lief met jou hele hart, siel, krag en verstand.
  • Die Bybel is die fondasie waarop jy jou hele lewe bou.
  • ’n Persoon van integriteit.
  • Jy het ’n passie en gawe vir die bediening aan die jeug binne die gemeente as ’n geloofsfamilie.
  • Jy is ’n persoon vir wie verhoudings en familiewaardes baie belangrik is.
  • Jy is in staat om saam met die leraarspan, die gemeente te bemagtig om ’n geloofsfamilie tot eer van God te wees.
  • Jy vereenselwig jouself met die teologiese identiteit van NG Pretoria-Garsfontein.

Sleutelprestasieareas

Geestelike leierskap: Vorm saam met die twee leraars die geestelike span wat veral leiding aan die jeug bied.

Kategese: Administrasie van die kategese van die gemeente se junior en senior jeug.

Senior en junior jeugaktiwiteite: Die beplanning, voorbereiding en implementering van die jeugaktiwiteite in die gemeente.

Gemeenskapuitreike: Verantwoordelik vir skakeling met plaaslike gemeentes en skole tov jeugverwante aktiwiteite.

Administrasie: Verantwoordelik vir alle administratiewe beplanning en verslagdoening wat verband hou met jeugwerk.

’n Volledige posbeskrywing is beskikbaar op navraag by die kantoorbestuurder (bestuur@nggars.org.za).

Vergoedingspakket

’n Vergoedingspakket: TVKI R20 000,00 per maand. Neem kennis dat hierdie slegs ’n 5/8 pos is.

Indien hierdie advertensie met jou hart praat, nooi ons jou om aansoek te doen sodat ons meer van jou kan weet en jou kan ontmoet.

Stuur asb ’n volledige CV (maks drie bladsye met ten minste drie onlangse relevante referente), asook ’n kort bekendstellingsvideo van jou (waarin jy ons ook kortliks vertel wie jy is en waarom jy aansoek doen) aan: bestuur@nggars.org.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 Februarie 2026 om 12:00.

Aanstellingsdatum: 1 Maart 2026 of so spoedig moontlik daarna.

Vir meer inligting kontak ons bedryfsbestuurder:

Ronnie Stanton (082 771 1535 of bestuur@nggars.org.za) of ons leraar:

Ds Elzeth Pienaar (083 376 2814 of elzethpienaar@gmail.com)

Garsfontein-gemeente behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie asook om jou sosiale media te besigtig.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top