Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature vir musiekbegeleier
Die kerkraad wag aansoeke in vir die pos van musiekbegeleier.
Die pos behels die volgende:
- Kennis van klavierbegeleiding (geen orrel beskikbaar nie).
- Begeleiding tydens voorsang in die gemeente.
- Koorafrigting.
- Begeleiding tydens eredienste, troues en begrafnisse.
- Reëling van musiekfunksies in die gemeente.
- Uitvoering van enige ander redelike opdragte tov sangbegeleiding in opdrag van die kerkraad.
Persone wat oor ’n bewese kennis beskik van bogenoemde pligte is welkom om aansoek te doen vir die pos, deur ’n kort CV met drie referente in te dien by die diensteverhouding-kommissie van Danabaai NG Kerk. Sodra ons genoeg aansoeke bekom en ’n geskikte kandidaat aanstel, sluit die aansoek.
Kortlyskandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude en moontlike diensaanvaarding so spoedig moontlik in 2026.
Aansoeke moet gerig word aan: Die Voorsitter Diensteverhouding-kommissie
NG Kerk Danabaai: e-pos: ida.maree@gmail.com
Navrae kan gerig word aan:
Ouderling Koos Schutte (voorsitter DVK) tel: 084 356 8782.
Ouderling Sam Burger (sekretaris DVK) tel: 082 552 0591.
Ds Wehan Geldenhuys (leraar) tel: 072 326 0901.
