Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Vastetermynpos (drie jaar)
Die kerkraad van Smithfield wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
GEMEENTEPROFIEL: Die NG Gemeente Smithfield is ’n plattelandse gemeente, geleë in die Suid-Vrystaat, ongeveer 130 km vanaf Bloemfontein en 75 km van Aliwal-Noord op die N6. Die gemeente bestaan uit 188 belydende lidmate en 91 dooplidmate wat verdeel is in vyf plaaswyke en twee dorpswyke. Die gemeente se samestelling is multikultureel en word by twee punte bedien, die kerk op die dorp en die kerk op Rietpoort. Elke tweede Sondag na die dorp se erediens word daar ook ’n erediens by Rietpoort gehou.
LERAARSPROFIEL: Die leraar en herder wat die genade ontvang het om in die Here se diens te staan moet die volgende eienskappe openbaar:
- ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig.
- Mooi verhoudinge kan bou, alle mense met respek en liefde hanteer en die evangelie deur woord en daad verkondig.
- ’n Evangeliese hart en missionêre gerigtheid.
- Meelewend wees in ’n plattelandse gemeenskap met sy besonderse uitdagings.
- Die gereformeerde belydenisgrondslag onderskryf.
WERKSPROFIEL:
- Artikel 9 van die Kerkorde dien as raamwerk vir al die verantwoordelikhede.
- In ’n span kan saamwerk asook in die breë gemeenskap betrokke sal wees.
- Dinamiese en aktuele prediking met klem op lof en aanbidding.
- Pastorale ondersteuning aan die gemeente en gemeenskap.
- Betrokkenheid by die gemeenskap.
VERGOEDING:
- Totale vergoedingspakket beloop R500 000 per jaar.
- ’n Pastorie en gratis WiFi.
AANSOEKE: Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van ten minste twee verwysings. Alle gelegitimeerde leraars is welkom om aansoek te doen. E-pos: ngsmithfield@gmail.com
SLUITINGSDATUM: 23 Februarie 2026.
DIENSAANVAARDING: So gou moontlik.
NAVRAE:
Voorsitter pre-advies: Dawie Venter 060 533 4978.
Leraar: Ds Hennie van Wyk 082 777 6958.
Kerkkantoor: Lynne Rapson 051 161 0030 / 082 871 5049.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
