Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

vloed
Ten tyde van beriggewing was geskat dat 38 mense dood is tydens die vloede in Januarie wat tot onlangs groot dele van die land geteister het. Talle was nog vermis. Foto: PresidencyZA/photos

Nuwe netwerk spring aan die werk ná dit sous en verspoel

Meer as 40 gesinne van ’n klein gemeenskap in Limpopo moes in kerkgeboue skuiling soek te midde van die swaar reën en vloede in die noorde van die land.

Vele huishoudings in Mbaula buite Giyani het alles verloor, het GroundUp op 19 Januarie vanaf die toneel berig. Die regering het op 19 Januarie dele van Limpopo en Mpumalanga en elders tot nasionale rampgebiede verklaar.

Ook kerklike hulporganisasies is besig om bystand te verleen. Tinus de Beer van Respond SA, waarvan die NG Kerk ’n stigterslid is, sê hulle werk ten nouste saam met die provinsiale regering in Limpopo. De Beer noem dat gemeentes soos Kerksondermure hom reeds gekontak het omdat hulle kospakkies gereed het om aan mense in nood uit te deel.

Lees ook: Rampreaksie: Ekumeniese netwerk nooi wyer samewerking as ooit om Christelike getuienis te konsolideer

Die Krugerwildtuin was vir dae lank ontoeganklik met besoekers en personeel binne die hekke vasgekeer. Ds Juanita Greyvenstein van Krugerwildtuin-gemeente het vertel hulle kerkgebou se dak het skade gely.

  • Respond SA National Disaster Relief Network het in Februarie 2025 tot stand gekom om effektiwiteit van hulpaksies deur kerke en Christelike hulporganisasies te versterk. Kontak hulle nasionale spanleier, dr Marinda van Niekerk op e-pos by national@respondsa.co.za om betrokke te raak.

* Berig aangepas na publikasie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top