Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Die NG Gemeente Gordonsbaai stel hiermee, in biddende afhanklikheid van die Here, ’n vakature bekend vir ’n leraar om saam met die gemeente die uitdagings van ons veranderende omgewing te ontmoet met die evangelie van Jesus Christus.
Gemeenteprofiel:
Die gemeente lê teen die see op die rand van die Helderbergkom. Die gemeente is 74 jaar oud en bestaan uit ongeveer 1 140 belydende lidmate en 386 dooplidmate. Ons het ’n geskiedenis van openheid en vriendelikheid na buite en sou dit graag wou uitbou. Die gemeente het tans een voltydse leraarspos, met ’n deeltydse pastorale hulp en ’n deeltydse jeugwerker. Eredienste word gehou in twee afsonderlike kerkgeboue.
Die gemeente het in 2023 sewe prioriteite vir onsself geformuleer. Ons sou graag wou hê dat ’n leraar ons help om hierdie prioriteite meer waar te maak van ons gemeente. In die sewe prioriteite sê ons dat ons ’n gemeente wil wees wat:
- Voor die aangesig van die Here leef met vreugde en hoop.
- Gemeentelede waardeer, versorg en vir hulle geleenthede tot diens wil skep.
- Wat verwelkomend wil wees teenoor besoekers en nuwe lidmate.
- Wat die diversiteit van die Christelike geloof (tov ras, stand, ekonomiese vermoë en geslag) respekteer en vier.
- Wat as navolgers van Jesus saam met ander gelowiges en kerke ons gemeenskap wil dien.
- Wat graag die evangelie wil bring aan mense in ons omgewing wat die Here nie ken nie en soek na ’n plek om tuis te kom.
- Wat glo dat die kerk en Christene ’n wesenlike rol het om te speel in die toekoms van ons land.
Ons weet dat bogemelde prioriteite gerugsteun moet word deur goeie aandag aan die denke, die strukture, die bedieningsmodel en die rentmeesterskap van die gemeente. Ons sal graag wil hê dat die leraar ons ook hierin begelei.
Leraarsprofiel:
Ons soek ’n leraar wat diep glo in Jesus Christus en in sy evangelie, wat opgewonde is oor die bediening en wat lief is vir mense.
Artikel 9 van die Kerkorde word beskou as die vertrekpunt vir die taakomskrywing.
Binne dit het die kerkraad drie belangrike velde uitgesonder: Skrifgetroue prediking wat mense se lewe raak, inspirerende leierskap en ’n missionale ingesteldheid.
Vergoeding: Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Aansoeke: U aansoek moet ’n volledige CV en minstens drie referente met kontaknommers insluit. ’n Skakel na ’n onlangse aanlyndiens sal u aansoek versterk. Stuur asseblief u aansoek per e-pos aan:
ngkgordonsbaai@absamail.co.za en karin.vanderwesthuizen@absa.africa
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2026.
Diensaanvaarding: 1 Junie 2026 / onderhandelbaar.
Navrae: Kerkkantoor 021 856 1654.
Karin van der Westhuizen 079 387 8548.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
