Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Emeritusleraar (Pastorale hulp)
Dienstermyn: Twaalf maande met die opsie vir jaarlikse hersiening
Die kerkraad van NG Kerk George-Bergsig wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die onderstaande pos.
Gemeenteprofiel:
Die gemeente is geleë op George en het 2 858 lidmate waarvan ongeveer 780 persone ouer as 70 jaar oud is. Die leraarspan bestaan tans uit vier leraars, waaronder twee voltydse predikante, ’n diensleraar vir jeugbediening en ’n emeritusleraar vir seniorbediening.
Leraarsprofiel:
Die gemeente is op soek na ’n dinamiese, afgetrede leraar wat passievol is oor die begeleiding en versorging van senior lidmate.
Pligte:
- Die emeritusleraar aanvaar verantwoordelikheid vir onder meer die pastorale versorging en begleiding van senior lidmate.
- Woordverkondigig by geleentheid by aftree-oorde maak deel uit van die bedieningsverantwoordelikhede asook die bediening van roudienste.
Vergoeding en voordele:
- ’n Mededingende salaris sal met die kandidaat onderhandel word.
Aansoeke:
- ’n Verkorte CV met minstens drie referente moet gestuur word na: douglas@george-bergsig.co.za.
- Die CV moet vergesel word deur ’n dekbrief (nie langer as 500 woorde nie) waarin die aansoeker beskryf wat hulle strategie sal wees om ’n gesonde, omvattende seniorbediening in die gemeente te bewerkstellig.
- ’n Kortlys van aansoekers sal genooi word vir persoonlike onderhoude.
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2026.
Diensaanvaarding: 1 Mei 2026 of so gou moontlik daarna.
Navrae:
- Ds Rudolph Grobler – 082 820 9899 of rudolph@george-bergsig.co.za
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
