Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die NG Gemeente Die Vleie, Hoekwil/Wildernis wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
Vakature: Geestelike werker/evangelis
Het jy ’n passie om mense met die evangelie van Jesus te bedien? Dan is hierdie ’n geleentheid vir jou om jou passie en gawes te kan uitleef as deel van ons gemeente op die platteland.
Hoekwil/Wildernis is geleë ongeveer 20 km oos van George in die hart van die Tuinroete, ons bestaan uit ongeveer 450 lidmate.
Die Here het opwindende drome in ons hart geplaas vir die toekoms van ons gemeente en gemeenskap. Ons glo dat ons na die ongelowiges en kerklos lidmate binne ons gemeentegrense met die evangelie in woord en daad moet uitreik.
Kandidaat se profiel:
- ’n Persoon wat passievol is oor sy/haar verhouding met die HERE, en die HERE liefhet met sy/haar hele hart, siel, krag en verstand.
- Toepaslike kwalifikasie en/of bewese ondervinding in evangeliesasiewerk.
- ’n Passie en gawe om mense na Jesus te lei, geestelik te begelei, betrek en toe te rus om in ’n lewende verhouding met Jesus Christus te leef.
- Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede. Projekontwikkeling en -bestuur.
- Die vermoë om in spanverband te werk.
- Neem kennis: Die pos is onderhewig aan ’n ses maande proeftydperk, waarna ’n permanente aanstelling oorweeg sal word aan die hand van prestasie-evaluering.
POSBESKRYWING:
Algemene inisiëring, beplanning, bestuur en organisasie van uitreik/evangelisasiewerk onder die begeleiding van die kerkraad.
Take sluit oa die volgende in:
- Behoeftebepaling, beplanning, voorbereiding, koördinering, en uitvoering van alle aktiwiteite wat met die uitreik/evangelisasiebediening verband hou, in oorleg met die kerkraad.
- Betrekking van gemeentelede by alle projekte en aksies.
- Hulp met administratiewe reëlings tov uitreikaksies.
- Kommunikasie met die dagbestuur van die kerkraad, die uitreikbediening, gemeenskaps- en geestelike leiers en donateurs.
- Funksioneer as deel van die gemeente se uitreikbediening.
- Fondsinsameling.
SALARIS EN ANDER VOORDELE:
- Kontrakpos vir drie jaar met die opsie om dit te verleng.
- Salaris: Salaris sal by navrae voorsien word.
- Werksure: 40 werksure per week, of soos onderhandel.
- Verlof: Volgens Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
AANSOEKE:
Stuur asb ’n volledige CV (met ten minste drie onlangse relevante referente), asook ’n kort bekendstellingsvideo van jou waarin jy ons kortliks vertel wie jy is, jou verhouding met die HERE, jou ervaring met uitreik-/evangelisasiewerk, en waarom jy aansoek doen per e-pos aan: dievleiekantoor@gmail.com
NAVRAE:
Dr Matthi Theron (leraar) – 083 303 8402 of e-pos na: theronmatthi@gmail.com
SLUITINGSDATUM: 7 Maart 2026.
DIENSAANVAARDING: 1 Mei 2026 (of soos ooreengekom).
Sou jy teen 1 April 2026 geen korrespondensie oor jou aansoek ontvang nie, word die aansoek as onsuksesvol beskou.
Die NG Gemeente Die Vleie behou die reg voor om die pos nie te vul nie.
