Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraarspos
Gemeenteprofiel:
Ons is ’n boerderygemeenskap in die noordwestelike hoek van die Vrystaat en ongeveer 140 km vanaf Bloemfontein. Hertzogville is ’n behoudende gemeenskap. Die gemeente bestaan uit 253 belydende lidmate en 64 dooplidmate, daar is ses plaaswyke en vier dorpswyke. Hertzogville-gemeente is ’n baie meelewende gemeente, wat ’n hoë premie plaas op Skrifgetroue Woordverkondiging. Nie saamgaan met die tydsgees nie en standvastig in hulle leer en lewe is. Baie goeie laer- en hoërskool in Hoopstad, 50 km vanaf Hertzogville.
Leraarsprofiel:
’n Leraar met ’n lewende en persoonlike verhouding met God, Drie-enig. Leraar wat sal kan aanpas in ’n plattelandse gemeenskap.’n Herder wat in spanverband kan saamwerk en met ’n visie vir geestelike vernuwing. ’n Kreatiewe, dinamiese persoon wat nie net oor tegnologiese vaardighede beskik nie, maar wat ook bestuursvernuftig is. ’n Energieke persoon met ’n passie vir mense. Iemand wat met entoesiasme leiding, motivering en samewerking kan bewerkstellig en die lewende Woord in alle omstandighede suiwer kan bedien.
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
- Kontak deur middel van huisbesoek is vir ons baie belangrik.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
- Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelae.
Aansoek: Gee ’n duidelike uiteensetting van hoe u u rol as leraar sien. ’n CV met drie referente moet u aansoek vergesel.
Rig u aansoek en CV per e-pos aan: nghzvl@gmail.com
Sluitingsdatum: 12 Maart 2026.
Diensaanvaarding: 1 Julie 2026.
Navrae: Kontak Azel Jacobs (skriba) by 053 421 9112 (k). Ds Riekie Wilkens (konsulent) by 074 804 6162. Tinus Linde (voorsitter van kerkraad) by 083 660 2886.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
