Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die NG Kerk en Hervormde Kerk wil by die GKSA weet watter implikasies besluite by die GKSA se onlangse sinodesitting (foto hierbo) vir die gereformeerde kerkfamilie in Suider-Afrika inhou. “Ons sal graag hieroor ’n dringende gesprek met die Deputate Ekumene van die GKSA wil voer,” luidens ’n verklaring. Foto: Verskaf

Elders gesien: Spanning loop hoog, maar leiers wil ‘openhartig’ gesels ná GKSA dié besluite neem op Potch

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.

Leiers van die NG Kerk en die Hervormde Kerk het in ’n gesamentelike skrywe gevra om met die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) te ontmoet en oor teologiese verskille en die verhouding tussen die kerkverbande te praat. 

“Vir ons is die enigste weg om die spanning wat klaarblyklik nou hieroor tussen die GKSA en ons bestaan, te hanteer, dié van eerlike en openhartige gesprek,” skryf dr Nioma Venter en dr Wouter van Wyk in ’n onlangse verklaring aan GKSA-leiers.

Lees verklaring onderaan berig | Lees berig oor GKSA-sinodesitting HIER

Venter en Van Wyk verteenwoordig die onderskeie kerkverbande wat in gesprek met die GKSA wil bly.

Die skrywe volg ’n maand ná die GKSA-sinodesitting op Potchefstroom.

Dáár het GKSA-afgvaardigdes onder meer besluit op ʼn “afskaling van ekumeniese verhoudinge” met die NG Kerk.

Dié besluit het melding gemaak van die NG Kerk se “diepgaande interne krisis as gevolg van gemeentes en selfs Sinodes (Namibië) wat hul bande met die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) verbreek het.”

Venter en Van Wyk het op hulle beurt verwys na ’n ander GKSA-sinodebesluit, naamlik dié oor die “binding van sinodebesluite oor die diens van vroue in die amp van predikant en ouderling”.

Venter en Van Wyk skryf: “Die GKSA se besluit om by ’n vorige standpunt teen vroue in die amp te volstaan … druis volgens ons in téén die Here Jesus Christus se radikale insluiting van alle mense in sy binnekring …”

Die verklaring sluit as volg af: “Dit is ons opregte wens dat ’n spoedige ontmoeting met die uitgebreide Deputate Ekumene en belangrike leiersfigure in die GKSA ons onderlinge verhoudinge met mekaar sal kan bestendig, en sien daarom uit om hieroor van u te verneem.”

 

Die GKSA hou elke drie jaar sinode-sitting in Potchefstroom. Vanjaar se sitting het op 5 – 10 Januarie plaasgevind en is deur 280 afgevaardigdes bygewoon. Afvaardiging word deur 7 streeksinode van die GKSA gedoen. Die vergadering is ook deur buitelandse afgevaardiges bygewoon. Hoewel daar tans wel vroue as ouderlinge dien in sommige gemeentes, word vroue nie afgevaardig na “meerdere vergaderings” nie, volgens ’n woordvoerder. – Red

2026 01 30-Brief van die NHKA en NGK aan die GKSA

 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top