Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Musiekleier (Kontrakpos)
Doornpoort-gemeente is in gebed op soek na ’n toegewyde musiekleier om deel te word van ons gemeente en musiekbediening.
Ligging: Doornpoort, Pretoria.
Het jy ’n passie vir musiek, musiekbegeleiding en veral lof- en aanbidding? Voel jy geroep om saam met ander musikante te werk, hulle te lei en hulle talente te ontwikkel, sodat ons gemeente deur musiek kan groei in aanbidding en lofprysing tot eer van die Here?
Posvereistes sluit in:
- Die vermoë om goed saam te werk in ’n span en om die gemeente se etos en kultuur positief te bevorder.
- ’n Liefde vir die kerkomgewing en vir bediening.
- Gemaklik met ’n vernuwende / kontemporêre styl.
- Vaardigheid op een of meer musiekinstrumente (kitaar, keyboard of klavier).
- Die vermoë om leiding te gee en verantwoordelikheid binne die span te aanvaar, met goeie kommunikasievaardighede.
- ’n Begrip van, en waardering vir, die rol van musiek in aanbidding.
- Formele musiekopleiding kan tot die kandidaat se voordeel strek.
Vergoeding: Onderhandelbaar.
Aansoeke:
Stuur jou skriftelike aansoek aan: ngdoornpoort@gmail.com voor of op 28 Februarie 2026. Heg saam met jou aansoek ook jou CV en ’n kopie van al jou kwalifikasies by. Doornpoort-gemeente, die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2026.
