Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Môregloed (Pretoria): Leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Leraarspos, vastetermyn (drie jaar)

GEMEENTEPROFIEL

Die gemeente is ’n tipiese voorstedelike gemeente in die noord-oostelike deel van Pretoria (bekend as die Moot), wat tans uit ongeveer 167 belydende en 13 dooplidmate bestaan. Die gemiddelde ouderdom van lidmate is ongeveer 55 jaar.

LERAARSPROFIEL

Die geskikte kandidaat moet

  • Oor eie huisvesting binne bereikbare afstand van die gemeente beskik.
  • Self voorsiening maak vir pensioen en bydrae tot ’n goedgekeurde mediese fonds.
  • Nie ouer as 67 jaar wees nie.

POSBESKRYWING

Die predikant moet die verantwoordelikhede soos omskryf in Kerkorde Artikel 9 uitvoer met die klem op die opbou van die gemeente en die geestelike versorging van lidmate.

VERGOEDINGSPAKKET

  • Die totale TKVI per maand is R20 000.

AANSOEKE

  • Aansoeke sluit op 28 Februarie 2026 om 00:00.
  • Aansoeke moet vergesel wees van ’n verkorte CV (maksimum drie bladsye) met vermelding van twee referente en moet gestuur word aan: kerkkantoor@ngkerkmoregloed.co.za
  • Aanvangsdatum vir die pos is 1 April 2026.
  • Navraag kan gedoen word by die skriba, Ilse van Hemert (079 426 7904).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top