Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Lydenburg-Suid: Voltydse predikant (gemeenteleraar)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse predikant (gemeenteleraar)

Die kerkraad wag biddend en in afhanklikheid van die Here se genade aansoeke in vir die pos van gemeenteleraar.

GEMEENTEPROFIEL:

NG Lydenburg-Suid is ’n plattelandse gemeente, geleë in die hartjie van die Panorama-roete met sy skilderagtige landskap. Lydenburg word gekenmerk deur sy afhanklikheid van die mynbou- en landbougemeenskap asook ’n klein tot medium besigheidsinfrastruktuur. Die dorp is aan die voet van die Longtompas in Mpumalanga, ongeveer 100 km van Nelspruit af.

Die gemeenskap het toegang tot ’n hoër- en laerskool, met sterk Christelike waardes. Die skole bied kwaliteit onderrig wat uitstekende resultate lewer.

Die kerk funksioneer binne ’n gevestigde geloofsgemeenskap met sterk bande in die gemeenskap, met gemeentelede en met organisasies. Die fokus is om God se genade uit te deel en te laat groei. Die kerk se lidmaattal is ongeveer 800 van alle ouderdomme.

KANDIDAAT:

Die kerkraad het besluit om nie ’n vereiste te stel ten opsigte van die kandidaat se diensjare en ondervinding nie, en sal alle aansoeke oorweeg. Van die kandidaat sal verwag word om die gemeente te bedien in alle fasette van die gemeentewerk soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Die volgende vereistes is van besondere belang vir die kerkraad:

  • ’n Sterk gereformeerde teologiese uitkyk met besondere klem op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die kerk se belydenisskrifte.
  • ’n Passie vir die bediening van die Woord in alle fasette van die gemeentewerk.
  • Entoesiasme vir die opbou van die gemeente en gemeenskap deur persoonlike kontak met lidmate deur pastorale versorging en huisbesoeke.

VERGOEDING:

Die vergoedingspakket is onderhandelbaar met die sinodale skaal en ander voordele en riglyne as basis. Die gemeente beskik oor ’n ruim pastorie met ’n goedversorgde tuin wat op die kerkterrein geleë is.

AANSOEKE:

  • Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en die name van minstens drie referente.
  • Kandidate moet ’n vyf minute video-opname stuur om hulleself bekend te stel, asook ’n skakel van twee (2) onlangse preke wat hulle gelewer het.
  • Kandidate op die kortlys sal aan ’n gestruktureerde keuringsproses onderwerp word, soos bepaal deur die pre-advies kommissie.
  • Kandidate moet vir onderhoude beskikbaar wees op die datum, tyd en plek soos bepaal.
  • SLUITINGSDATUM vir aansoeke: 13 Maart 2026.
  • DIENSAANVAARDING: Onderhandelbaar.

STUUR AANSOEKE AAN:

Kerkkantoor, NG Lydenburg-Suid, Bergstraat 49, Lydenburg 1120.

of e-pos: lydsuidkkantoor@gmail.com

Advertensienavrae kan gerig word aan: Pieter Brits: 078 458 5868.

Vir enige ander navrae kontak die kantoor: Tel: 013 235 3329 of 081 801 5868.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top