Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Die Strand (dolerend): Voltydse predikant

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse predikant

In biddende afhanklikheid stel die kerkraad bogenoemde vakature bekend na die afsterwe van ons geliefde predikant, ds Frikkie van Niekerk, in November 2025 en nooi toepaslike en gekwalifiseerde persone om aansoek te doen.

GEMEENTEPROFIEL

  • NG Kerk Die Strand is die moedergemeente van die NG Kerk se gemeentes op die dorp en  is ’n warm, gasvrye, hegte, en Skrifgetroue geloofsgemeenskap waar die Woord sentraal staan in verkondiging en bediening.
  • Die kerk het in 2025 sy 113de bestaansjaar gevier.
  • Die gemeente bestaan uit 782 belydende en 90 dooplidmate. Alhoewel tans oorwegend ouer is die demografie besig om te verander. Voorsiening word gemaak vir ’n groeiende getal jonger lidmate en kinders.
  • Daar is drie aftree-oorde met ongeveer 100 lidmate binne ons gemeentegrense en word hoofsaaklik bedien deur ’n leraar in ’n termynpos.
  • Die bedieningsarea strek oor die hele Helderbergarea (Strand/Somerset-Wes/Gordonsbaai), hoofsaaklik Strand en ook enkele lidmate in naburige dorpe.
  • Die ondersteuning van drie sendelinge in Suid-Afrika , Mosambiek en Mianmar.
  • Ons visie is om te streef na ’n lewende gemeente volgens die model van Handelinge 2.

LERAARSPROFIEL

  • Gelegitimeerde leraar in die NG Kerk.
  • Bedieningspligte soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde aanvaar en nakom met die klem en fokus op:
  • Suiwere, duidelike en toepaslike verkondiging van die Woord in eredienste, kategese en ander geloofsvormingsruimtes sodat medegelowiges opgebou word in hulle persoonlike verhouding met die Here.
  • Bediening van sakramente volgens die Gereformeerde kerkorde.
  • Huisbesoeke volgens behoefte, berading, bemoediging en geestelike begeleiding van lidmate.
  • Kerkraad, dienswerkers, kategete en ander leiers toerus vir geestelike opbou.
  • Bybelstudie, dissipelskap, omgeegroepe en ander vorme van geloofstoerusting op ’n relevante wyse kan aanbied en leiding gee.
  • Deelname aan kerkraadsvergaderings, rings- en sinodale strukture en tersaaklike administratiewe verantwoordelikhede.
  • Betrokke sal wees by die operasionele dag-tot-dag bestuur van kerkaangeleenthede.
  • Moet gemaklik oud en jonk kan bedien.
  • Gemaklik wees met die gebruik van digitale en moderne media in die bediening.
  • Moet oor sterk kommunikasie- en leierskapvaardighede beskik om die gemeente in geloof, hoop, liefde en entoesiasme te begelei.
  • Samewerking in spanverband met spesifieke verwysing na die kerkraad en die verskillende bedieninge in die gemeente.
  • Verskille kan hanteer met openheid en integriteit.
  • Inisiatiewe wat tot gemeentegroei sal lei.

VERGOEDING

’n Mededingende, markverwante vergoedingstruktuur en diensvoorwaardes volgens sinodale riglyne word aan die pos gekoppel.

AANSOEKE

Kort motiveringsbrief waarom u meen dat u die suksesvolle kandidaat behoort te wees.

  • Telefoniese navrae: Sunet Pentz (saakgelastigde) 061 117 1379.
  • Indien moontlik en verkieslik skakels na ’n onlangse video-opname van ’n preek.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud en moontlike preekbeurt.
  • Sluitingsdatum: 31 Maart 2026.
  • Diensaanvaarding: So gou as moontlik.

Indien u teen 1 Mei 2026 nie van ons hoor nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Die gemeente behou ook die reg voor om nie die pos te vul nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top