Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Deeltydse (60%) vastetermynpos (vir twee jaar)
Met erkening aan en in diep afhanklikheid van ons hemelse Vader nooi NG Gemeente Kamieskroon alle gelegitimeerde leraars en diensleraars uit om aansoek te doen. Laasgenoemde met erediens en pastorale versorging as fokus.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 April 2026.
Diensaanvaarding: 1 Junie 2026 (of so gou doenlik).
Gemeenteprofiel:
Kamieskroon is ’n plattelandse dorp met sy eie en unieke karakter, geleë in die suide van die Noord-Kaap tussen Garies en Springbok, aan die voet van die Kamiesberge. Alhoewel in die Noord-Kaap, skakel dit histories in by die Wes-Kaap. In goeie en geseënde reënjare word die dorp en omgewing getooi in die mooiste blommekombers soos net die Here dit kan saai. Die gemeente is in 1938 gestig en bestaan tans uit 94 lidmate en agt dooplidmate. Van die getal van 94 lidmate is 68 die ouderdom van 60 jaar en ouer. Gasvryheid en ’n erediens wat ruimte bied vir Godstories is twee belangrike energiepunte binne die gemeente, met dissipelskap en uitreike in die omgewing as verdere uitbreiding daarop.
Leraarsprofiel:
- Die voornemende applikant moet gelegitimeer wees in die NG Kerk.
- Die persoon moet begrip en ’n hart hê vir mense op die platteland.
- Dit moet iemand wees wat heelhartig vir die Here lief is en bereid is om hom/haar, ter wille van die Here en sy koninkryk, ten volle te gee vir die mense én die bediening.
- Iemand wat lidmate ten opsigte van die gemelde energiepunte leiding kan gee en verder kan bemagtig.
- Huisbesoek en pastorale versorging word as uiters belangrik beskou.
- Prediking wat Skrifgetrou is.
- Verdere pligte is soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde en soos deur die kerkraad bepaal.
Vergoeding:
Die gemeente voorsien in die volgende:
- ’n Maandelikse salaris van R20 362,00 – of soos onderhandel.
- ’n Dertiende tjek.
- ’n Gratis ten volle gemeubileerde pastorie, met munisipale dienste ingesluit.
- ’n Gemeentevoertuig om gemeentelike verpligtinge na te kom.
- ’n Selfoontoelae met gratis internettoegang.
Rig aansoeke vergesel van ’n CV aan: Die kerkraad, NG Gemeente Kamieskroon.
E-pos: ngkkamieskroon@gmail.com
Navrae:
Berto Archer (voorsitter) 083 655 4780 berto.archer@gmail.com
EJ van As (voorsitter: fondse) 073 189 4114 ejvanas@gmail.com
Ds Piet Retief (konsulent) 066 291 9148 pietretief26@gmail.com
