Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Pretoria-Tuine: Voltydse onbepaalde leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse onbepaalde leraarspos

Ingevolge die Kerkorde van die Nederduitse Gereformeerde Kerk stel die kerkraad van NG Gemeente Pretoria-Tuine hiermee ’n vakature vir ’n voltydse, onbepaalde predikant bekend en nooi gelegitimeerde predikante van die NG Kerk, met ampsbevoegdheid, om hulle beskikbaarheid vir die beroep aan te dui.

Sluitingsdatum: 3 April 2026.

Gemeenteprofiel:

NG Gemeente Pretoria-Tuine is ’n gemiddelde, voorstedelike, Afrikaanssprekende gemeente (in een van die ouer en gevestigde westelike voorstede van Pretoria, nl Pretoria-Tuine) met ’n duidelik gereformeerde, Skrifgesentreerde en belydenisgetroue identiteit. Die bediening van die Woord en sakramente staan sentraal. Die gemeente heg groot waarde aan intergenerasionele bediening met aktiewe jeug- en kategesebediening.

’n Aantal laer- en hoërskole vorm deel van die gemeenskap.

Die gemeente bevind haar in ’n oorgangstyd ná die verlies van twee predikante. ’n Brugleraar is tans betrokke.

Leraarsprofiel:

Daar is ’n besondere behoefte aan:

  • Skrifgetroue prediking.
  • Berading.
  • Pastorale sorg.
  • Geestelike leiding.
  • Gemeente-opbou binne ’n uitdagende sosio-ekonomiese konteks.
  • Tegnologiese vaardigheid.

Vergoedingspakket:

  • Die pos is onderhandelbaar tot op posvlak 14 volgens kerklike riglyne. ’n Pakket in lyn met sinodale riglyne word aangebied. ’n Pastorie is beskikbaar.

Aansoeke:

Belangstellendes word versoek om die volgende elektronies aan te stuur:

  • ’n Samevattende CV (maksimum drie A4-bladsye) met drie verwysings (vorige medeleraar en kerkraadslede).
  • ’n Onlangse kleurfoto van die kandidaat of, indien getroud, verkieslik ’n gesinsfoto.

Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.

’n Volledige gemeente- en leraarsprofiel is by die skriba beskikbaar.

Aansoeke en navrae kan gerig word aan:

Mev Marlia Rotteveel (skriba) e-posadres: ng.pretoria.tuine@gmail.com

Kontaknommer tydens kantoorure: 012 379 8636.

Die datum van diensaanvaarding sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Deur die indiening van ’n CV, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing, deur NG Pretoria-Tuine gebruik kan word vir die keuringsproses.

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top