Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Drie jaar vastetermynpos (kan verleng word)
Sluitingsdatum: 30 April 2026.
Gemeenteprofiel:
Hluhluwe is ’n plattelandse gemeente geleë in die noord-oostelike deel van Zululand, KZN, ongeveer 100 km vanaf die Mosambiekgrens, ’n entjie binneland van die kus af. Met ongeveer 150 lidmate (meestal ouerwordende lidmate), strek die gemeente oor ’n groot area vanaf Manguze in die verre noordooste, Mkuze in die noordweste, tot en met Bushlands in die suide. Hierdie area staan ook bekend as Maputaland en is ryklik bedeeld met natuurreservate, die “Big 5” wildsoorte, ’n magdom inheemse voëls, pragtige bomeprag en baie visvanggeleenthede. Ons bied eredienste en nagmaal aan op drie verskillende plekke naamlik Hluhluwe, Manguze en Mkuze.
Leraarsprofiel:
Aansluitend tot Artikel 9 van die Kerkorde, sal daar na die volgende gekyk word:
- Allereers ’n oortuiging van ’n persoonlike verhouding met die Here.
- Lewer Skriftuurlik getroue prediking wat die Bybel met teologiese suiwerheid en begryplik vir almal maak.
- Kan ’n erediens lei met deurleefde prediking en kreatiewe liturgie.
- Is innoverend met die bou van interpersoonlike verhoudings sowel as konflikhantering.
- Beskik oor ’n meelewende persoonlikheid wat ook in spanverband kan werk.
- Help mense met empatie en begrip om geestelik te groei.
- Is aanpasbaar en bereid om mense te ontmoet waar hulle hulleself ookal bevind.
- Goeie kreatiewe energie.
- Bekwaamheid in administrasie.
Pligte: Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele: Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
Aansoek:
Gelegitimeerde predikante van die NG Kerkfamilie is van harte welkom om aansoek te doen. Stuur asseblief ’n CV van nie meer as vier A4 bladsye nie, met kontakbesonderhede van drie verwysings. Kandidate wie se name op die kortlys verskyn moet beskikbaar wees vir ’n persoonlike onderhoud.
Stuur aansoeke aan: Ngkerkhluhluwe1@gmail.com
Diensaanvaarding: Sal bevestig word gedurende onderhoud.
Navrae:
Chandré Hagemann (skriba) – 074 877 3741.
Francois du Randt (kerkraadsvoorsitter) – 079 973 6655 of 072 115 5880.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
