Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse of deeltydse leraarspos
Ons het ’n vakature vir ’n passievolle en toegewyde leraar om saam met ons bestaande leraars as ’n span leiding te neem in ons gemeente en om saam met ons ’n impak in die gemeenskap te maak. Ons oorweeg verskeie opsies rondom die aard van die pos, waar die aansoeker se ervaring en profiel en die gemeente se behoeftes albei in ag geneem word.
Wie is ons?
Ons is ’n OMGEE-KERK wat ’n hand van liefde en hoop wil wees in die wêreld waar ons leef, werk en speel. Die Here het deur verskeie maniere vir ons gewys dat Hy ons wil gebruik om mense in nood raak te sien en te ondersteun.
Ons is ’n gemeente wat gebou is op vyf kernwaardes: Verskeidenheid, Liefde, Omgee, Eenvoud en Diensbaarheid.
Wat maak ons uniek?
NG Villieria is ’n gemeente wat gefokus is op ’n diverse gemeenskap, met spesiale aandag aan mense van alle ouderdomme.
Ons glo dat die potensiaal van ons gemeente onbeskryflik groot is. Die Here roep elkeen om aktief deel te wees van sy koninkryk. Hier doen elkeen wat sy hand vind om te doen, hetsy in die gasvryheidsbediening, omgeeselle, Ignite-programme (jeug), Echo-jeugontwikkeling, die sosiale komitee of enige van die ander bedienings.
Wie soek ons as gemeenteleraar?
Ons benodig ’n gelegitimeerde en passievolle leraar wat in ooreenstemming met die ampspligte soos omskryf in die Kerkorde:
- ’n Jesusvolgeling is met ’n diep liefde vir die Here en vir mense.
- Wat dienende leierskap uitleef en ander inspireer.
- ’n Sterk fokus het op pastorale bediening in die gemeente en die gemeenskap.
- Kreatief en innoverend is met vyf jaar+ ervaring as gemeenteleraar.
- ’n Goeie prediker wat die Woord op ’n inspirerende wyse kan oordra.
- Tegnologie kan gebruik om die bediening te ondersteun.
- Die roeping van NG Villieria uitleef en betrokke is in die gemeenskap.
- As medespanleier kan optree en die bestaande leraars ondersteun.
Wat bied ons aan jou?
Ons bied jou die geleentheid om deel te word van ’n gemeenskap wat jou sal ondersteun en saam met jou wil floreer. Jy sal vriendskap, genade en ’n kans op groei ontvang. Saam met ’n unieke groep mense, wat weet hoe om hard te werk en saam te lag, sal jy God se hand aan die werk sien.
Vergoeding: Onderhandelbare salaris volgens sinodale riglyne.
Aansoeke:
Aansoeke moet vergesel wees van:
- ’n CV – maksimum van drie bladsye met die kontakbesonderhede van drie onlangse referente.
- ’n Kort opsomming (een bladsy) waarin jy motiveer hoekom jy die beste kandidaat is vir hierdie pos.
Onderhoude sal met die kandidate op die kortlys gevoer word met die moontlikheid om ’n preekbeurt te lewer.
Rig aansoek aan:
Ds Anru Liebenberg: anruliebenberg@gmail.com;
Ds Jaco Strydom: jacostrydom@icloud.com
Sluitingsdatum: 30 April 2026.
Navrae: Floris Coetzee (DVK voorsitter) – 082 554 6331.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
