Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Algemene Sinode NG Kerk: Kommunikasie- en mediakoördineerder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Kommunikasie- en mediakoördineerder (Twaalfmaandekontrak – 5/8ste pos)

Hatfield, Pretoria

Die Algemene Sinode van die NG Kerk is op soek na ’n dinamiese en kreatiewe kommunikasie- en mediakoördineerder om by ons span aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal ’n sleutelrol speel in die ontwikkeling, implementering en instandhouding van ’n kommunikasie- en mediastrategie.

Sleutelverantwoordelikhede:

  • Ontwikkeling, implementering en instandhouding van ’n kommunikasiestrategie in samewerking met die algemene sekretaris.
  • Skep, beplan en publiseer relevante, kreatiewe en doelgerigte inhoud vir verskeie mediaplatforms.
  • Instandhouding en opdatering van die organisasie se webtuiste.
  • Samewerking met interne rolspelers om konsekwente en effektiewe kommunikasie te bevorder en te verseker.

Persoonsvereistes:

  • Matriek met relevante kwalifikasie/kortkursusse (kommunikasiekunde, bemarking, joernalistiek, multimediastudies, ens) en/of bewese ervaring.
  • Bestuurservaring as kommunikasiekundige sal in die aansoeker se guns tel.
  • Goeie verstaan van en/of ervaring in kerklike omgewing en konteks.
  • Sterk skryf- en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
  • Basiese kennis van webtuiste-instandhouding en inhoudbestuurstelsels (bv WordPress).
  • Basiese grafiese ontwerp en of videoredigeringvermoëns (bv Adobe, Canva).
  • Kreatiewe denke, goeie tydsbestuur en aandag aan detail.
  • Vermoë om met groot spanne te kan saamwerk – met ’n begrip van sisteme.
  • Vermoë om selfstandig te werk.

Vergoeding:

’n Mededingende vergoedingspakket binne die kerklike / nie-winsgewende sektor; onderhandelbaar – ervaring sal in ag geneem word.

Kantoorure:

Die pos vereis kantoorpligtigheid en werksure word op ’n fleksiebasis onderhandel.

Belangstellendes kan hulle CV en portfolio met voorbeelde van kommunikasie-uitsette of mediawerk en ’n kort motiveringsbrief stuur na dewyku@ngkerk.org.za

Sluit twee referente in.

Aansoeke sluit op 24 April 2026 om 13:00. Diensaanvaarding so spoedig moontlik

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top