Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Algemene Sinode NG Kerk: Kommunikasie- en mediakoördineerder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Kommunikasie- en mediakoördineerder (Twaalfmaandekontrak – 5/8ste pos)

Hatfield, Pretoria

Die Algemene Sinode van die NG Kerk is op soek na ’n dinamiese en kreatiewe kommunikasie- en mediakoördineerder om by ons span aan te sluit. Die suksesvolle kandidaat sal ’n sleutelrol speel in die ontwikkeling, implementering en instandhouding van ’n kommunikasie- en mediastrategie.

Sleutelverantwoordelikhede:

  • Ontwikkeling, implementering en instandhouding van ’n kommunikasiestrategie in samewerking met die algemene sekretaris.
  • Skep, beplan en publiseer relevante, kreatiewe en doelgerigte inhoud vir verskeie mediaplatforms.
  • Instandhouding en opdatering van die organisasie se webtuiste.
  • Samewerking met interne rolspelers om konsekwente en effektiewe kommunikasie te bevorder en te verseker.

Persoonsvereistes:

  • Matriek met relevante kwalifikasie/kortkursusse (kommunikasiekunde, bemarking, joernalistiek, multimediastudies, ens) en/of bewese ervaring.
  • Bestuurservaring as kommunikasiekundige sal in die aansoeker se guns tel.
  • Goeie verstaan van en/of ervaring in kerklike omgewing en konteks.
  • Sterk skryf- en kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels.
  • Basiese kennis van webtuiste-instandhouding en inhoudbestuurstelsels (bv WordPress).
  • Basiese grafiese ontwerp en of videoredigeringvermoëns (bv Adobe, Canva).
  • Kreatiewe denke, goeie tydsbestuur en aandag aan detail.
  • Vermoë om met groot spanne te kan saamwerk – met ’n begrip van sisteme.
  • Vermoë om selfstandig te werk.

Vergoeding:

’n Mededingende vergoedingspakket binne die kerklike / nie-winsgewende sektor; onderhandelbaar – ervaring sal in ag geneem word.

Kantoorure:

Die pos vereis kantoorpligtigheid en werksure word op ’n fleksiebasis onderhandel.

Belangstellendes kan hulle CV en portfolio met voorbeelde van kommunikasie-uitsette of mediawerk en ’n kort motiveringsbrief stuur na dewyku@ngkerk.org.za

Sluit twee referente in.

Aansoeke sluit op 24 April 2026 om 13:00. Diensaanvaarding so spoedig moontlik

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.